Zelda Jongbloed

Roekeloosheid oral moet weg

2013-01-05 23:21

My grootste wens vir 2013 is dat die roekeloosheid wat toenemend kenmerkend is van ons samelewing, gestuit word. Of dan dat ons minstens vanjaar nog met ’n proses kan begin om alles in die openbare ruimte wat die laaste 19 jaar van ons demokrasie agteruitgegaan het met doelmatige optrede om te keer.

Ek praat van die roekeloosheid waarmee protesaksies soms geloods word, stakings bedryf en polisieoptrede gelei word. Die roekeloosheid waarmee openbare geld toegeëien en misbruik word en hoe daar oënskynlik sonder deeglike oorlegpleging met gemeenskappe besluit word om skole te sluit. Dit voel soms asof die lys eindeloos is.

Dis egter die vlak van pad-roekeloosheid waarvan ons hierdie vakansietyd soveel gesien en gehoor het wat die asem wegslaan, so amper asof die roekeloosheid elders en die skyn dat die oortreders meestal daarmee wegkom ook dáár toenemend neerslag vind. Dis ontstellend dat nieteenstaande skokkende padsterftesyfers meer as 2 000 dronk­ryers sedert 1 Desember aangekeer is. Daarby is nog stories oor oorlaaide en onpadwaardige voertuie, jaagduiwels en roekelose voetgangers.

Ek kan my vereenselwig met die onlangse oproep deur die nasionale minister van vervoer, Ben Martins, dat daar ’n openbare gesprek gevoer moet word oor die situasie, die oorsake en maniere om dit aan te pak. Ek het ook insae gehad in die idees van die parlementslid Lennit Max om die probleem van pad-roekeloosheid aan te roer.

Max is ’n oudpolisieman wat tot sy uittrede polisiekommissaris van die Wes-Kaap was en daarna DA-LUR vir gemeenskapsveiligheid (Mei 2009 tot September 2011). Max is tans lid van die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe diens­te. Dus ’n man met wye wetstoepassingservaring. Tydens sy termyn as LUR het die provin­siale verkeersafdeling van die Wes-Kaap 38 beste praktyke ontwikkel waarvan 36 in ander provinsies geïmplementeer is.

Soos Max glo ek ook dat provinsiale en plaaslike regerings padveiligheid nie na behore ­prioritiseer nie en daarom nie behoorlik begroot vir onder meer posuitbreiding en meer skutgeriewe langs hoofweë nie.

Max glo geld is die kern van die probleem. Meer geld beteken meer personeel wat lei tot groter sigbaarheid op ons paaie. Met soveel werkloses in ons land weet ons mos verkeersafdelings landwyd sal nooit sukkel om geskikte kandidate te vind nie. Kyk net wat het pas in Kwa­Zulu-Natal gebeur toe ’n ongelooflike 34?000 kandidate vir iets soos 90 vakante verkeersdiensposte gekortlys is.

Lesers weet dit dalk nie, maar in die Wes-Kaap doen verkeersbeamptes net tot 20?km buite ’n dorp se grense patrolliediens. Dit beteken dat kilometers pad sonder polisiëring is.

’n Idee van Max is dat alle onpadwaardige voertuie summier van die pad geneem en geskut word. Om ’n boete uit te skryf vir so ’n voertuig en dit dan te negeer deur die bestuurder toe te laat om verder te ry, bring mee dat vervolging in ’n hof onsuksesvol is.

Van sy ander idees is dat spoedboetes in persoon deur verkeersbeamptes uitgeskryf eerder as gepos moet word, dat alle spoedoortreders hof toe geneem word en meer verkeershowe ingestel word. Daar moet ook gekyk word na die redes vir die terugtrekking van boetes omdat ure se harde werk ongedaan gemaak word met die gepaardgaande uitwerking op moreel.

Spoedoortredings behoort ’n minimum boete van R1?000 te hê en die polisie moet betrek word by inhegtenisnemings vir onbetaalde boetes en minagting van die hof. Die huidige stelsel laat die indruk dat verkeerswette nie toegepas kan word nie.

Salarisstrukture moet hersien word om meer mededingend te wees en die uittog van duur opgeleide mense te verhinder.

Hopelik sal Martins nie te lank wag om die gesprek oor padveiligheid aan die gang te kry nie. Ons ekonomie kan die sterftes van dikwels ekonomies aktiewe mense nie bekostig nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-18°C Sunny. Mild. Pta: 3-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 0-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: -1-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-19°C Mostly sunny. Cool. PE: 8-17°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

QUANTITY SURVEYOR / COMMERCIAL MANAGER

Sandton
DAV Professional Placement Group
R800 000 - R900 000 Per Year

Marketing Business Partner – JHB

Johannesburg
DAV Professional Placement Group

Rental Agent

Sandton
ANGOR Property Specialists
R5 000 - R20 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!