15 Mei is D-dag vir SA atletiek

2010-03-06 19:56

Hendrick Ramaala

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

johan.vanwyk@sport24.co.za

Saterdag 15 Mei is D-dag vir Suid-Afrikaanse atletiek, wanneer die Leonard Chuene-regime amptelik begrawe word en ’n nuwe president en bestuur van Atletiek Suid-Afrika (ASA) verkies word.

En die eerste skote in dié verkiesingstryd het reeds geklap in twee van die land se sterkste provinsies, Sentraal-Gauteng en Gauteng-Noord.

In albei bonde is “hervormers” tot nuwe presidente verkies:

* In Sentraal-Gauteng is ­James Moloi “met groot akklamasie” verkies, nadat hy die SA rekordhouer in die 400 meter, Arnaud Malherbe, in ’n tweestryd verslaan het.

Dié verkiesing het ’n interessante (sommige sê verrassende) wending geneem, toe die SA marathon-breker Hendrick Ramaala moes handdoek ingooi omdat hy nie deur ’n klub genomineer is nie.

Dít kom nadat Ramaala in veral sekere atlete-kringe tot onlangs as ’n sterk aanspraakmaker op die ASA-presidentskap beskou is.

Moloi was agter die skerms die sterkman wat ’n groot rol in Chuene se val in sy eie provinsie gespeel het.

Toe Chuene sy oë uitvee, het sy eie klub, Meadowlands, hom geskors.

By dié Sentraal-Gautengse verkiesing het die koppe ook gerol van drie provinsiale bestuurslede wat sitting in die nou-vergange vorige ASA-raad gehad het.

* In Gauteng-Noord is ’n ou bekende en jarelange strydros, James Makoka, eenparig sonder slag of stoot verkies.

Daan du Toit, wat tussentydse president was nadat Chris Britz vanweë “noue bande met die Chuene-regime” (hy was op ’n kol “ASA-woordvoerder”) uitgeskop is, het hom vóór die verkiesing as presidentskandidaat onttrek.

Sy onttrekking word as ’n “skikkingsgebaar” gesien.

* In verskeie van die ander 15 provinsies word agter geslote deure gekoukus voordat ook hulle nuwe besems kies en na die Mei-vergadering stuur.

In die Suide (WP en Boland) staan die Bolandse president, dr. Harold Adams, “baie, baie sterk” – veral ná sy laeprofiel-hantering van die Caster Semenya-sage.

Hy bly ’n sterk kandidaat vir die ASA-presidentskap, ook vanweë sy hoë aansien in internasionale kringe.

Die WP-president, James Evans, “behoort êrens in die nuwe ASA-bestuur geakkommodeer te word”, nadat hy ’n sleutelrol in die tussentydse ASA-bestuur gespeel het.

In KwaZulu-Natal, gemeet aan getalle die land se grootste provinsie, staan Alex Skosana glo “onaantasbaar sterk”. Hy vertolk ook ’n sleutelrol in die tussentydse ASA-bestuur.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.