160 minute van vasbyt

2013-01-27 00:04

Victoria Azarenka met die Daphne Akhurst-gedenk­beker nadat sy Li Na in die eindstryd van die Australiese Ope verslaan het . Azarenka ná haar sege. | Foto: Daniel Munoz/Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vuurwerk, beserings, woede-uitbarstings, trane, ’n yslike sestien deurbrake op afslaan, onvoorspelbaarheid deurgaans en 160 minute van volgehoue drama.

Eindelik – eindelik! – het twee vroue ’n Grand Slam-eindstryd gelewer waaroor die wêreld nog vir baie jare kan praat.

Die wêreld se voorste speler, Victoria Azarenka, het haar Australiese Ope-titel gister in Melbourne suksesvol verdedig toe sy ’n reuse-stryd teen China se Li Na ná drie aksie-belaaide stelle en 160 dramatiese minute geklop het.

Belarus se tennistrots was baas met 4-6, 6-4, 6-3 in ’n stryd waarin sy teen Asië se beste tot nog toe én Australië se raserigste tennisliefhebbers te staan gekom het.

Melbourne het Donderdag teen die blondine gedraai toe sy in haar halfeindstryd ’n nege minute lange mediese ruskans gevat het, en het gister vierkant agter Li gaan staan.

Dié vriendelike Chinees het hul harte gesteel toe sy twee jaar gelede hier in die eindstryd verloor het, maar steeds daarná geglimlag en grappies gemaak het.

Die skare se duidelike teenkanting het Azarenka geskud in ’n merkwaardige eerste stel waarin sy al drie haar eerste ­afslaanpotte verloor het, maar ook twee van Li se eerste drie gewen het.

Van die tien potte in dié stel het net drie volgens afslaan verloop, met Li ’n kort kop beter omdat sy beter beweeg het en meer in haarself geglo het.

Merkwaardig genoeg het die tweede stel ook begin met ’n deurbraak op afslaan – dié keer het Azarenka albei Li se eerste afslaanpotte geneem.

Toe die Chinees boonop in die vyfde pot skeeftrap, het dit gelyk of die geluksgodin uiteindelik breër vir die verdedigende kampioen begin glimlag, maar tot haar krediet het Li geen teken van probleme gewys nie – en twintig minute later Azarenka se afslaan gesteel.

Toe sy haar eie egter weer direk daarna inboet, was die stel verby en die tafel gedek vir ’n opwindende bepalende stel.

Dit het steeds gevoel asof die wedstryd Li s’n was om te verloor – maar net totdat sy ’n voorarmhou in haar eerste afslaanpot wild die paviljoen ingemoker het om Azarenka vir die eerste keer in die wedstryd voor te sien gaan.

En toe breek Li onmiddellik daarna wéér terug...

Net toe dit begin voel het asof ons nou alles gesien het, het Melbourne die vuurwerk vir hul Australië-dag-feesvierings van stapel gestuur en moes die twee vroue in die hitte van ’n wipwaentjie-wedstryd gaan sit en koud word.

Met die hervatting van die spel het Li haar enkel boonop wéér verswik en haar kop teen die grond gestamp, wat tot nog ’n lang vertraging gelei het.

Die Chinese ster was daarna nie weer dieselfde nie en het vyf van die volgende ses potte verloor.

Sy het egter in ’n groot mate net haarself te blameer vir dié nederlaag.

Sy het dubbel soveel wenhoue as Azarenka geslaan (36 teenoor 18), maar 57 ongedwonge foute gemaak (teenoor die kampioen se 28) en net sewe van 18 deurbraak-geleenthede laat tel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JAVA Developer

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Business Analyst

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.