Branden reik na Europese deurbraak

2012-01-14 23:42

Branden Grace in aksie by die Joburg Ope. Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Op die jeugdige ouderdom van 23 spog Branden Grace al met ’n lys prestasies wat menige ander gholfspelers in die skadu stel.
Hy het onder meer die Suid-Afrikaanse Amateurkampioenskap in 2006 gewen; was ’n paar maande later die beste amateur in die Suid-Afrikaanse Ope; het voor sy 21ste verjaarsdag ’n Europese spelerskaart verseker – en hy het met sy swaai, lengte van die bof af en houding tot gholf al lof van spelers soos Gary Player en die Spanjaard Sergio Garcia ontlok.

Die afgelope week is dié Suid-Kapenaar by die Sonskynreeks se jaarlikse toekenningsaand met die Gary Player-trofee beloon vir die laagste ronde-gemiddeld van 2011 (69.41) – ’n aanduiding van sy bestendigheid in dié reeks, wat ook onderstreep word deur die feit dat hy in byna die helfte van sy 41 toernooie in Suid-Afrika in die top-10 geëindig het.

Daar is duidelik ’n klómp redes waarom Grace in Suid-Afrika reeds sedert sy amateur-dae as ’n toekomstige superster beskou word, en waarom die Golf Channel ’n paar weke gelede voorspel het dat hy voor die einde van vanjaar ’n Europese titel kan wen. Dié jong man het ernstige talent.

En aan die vooraand van wat hy hoop ’n waterskeidingsjaar buite sy geboorteland sal wees, het hy ook ’n oormaat selfvertroue.

Grace het die Europese kaart wat hy aan die einde van 2009 verloor het die afgelope Desember by die toerskool herwin, en sê hy sal dié tweede kans veel beter hanteer as die verspeelde een van drie jaar gelede.

“Die eerste keer het alles baie vinnig gebeur. Sielkundig en gholf-gewys was ek nie gereed nie,” het Grace die afgelope week by die Royal Johannesburg & Kensington-gholfklub gesê. “Nou is my gholf beslis beter as ’n paar jaar gelede. Ek het gegroei as ’n speler – en daar gebeur steeds baie dinge met my waaruit ek leer.

“Daar is ’n klomp goed wat ek dié keer anders sal doen – harder konsentreer en harder oefen – en ek gaan my status in die Europese reeks nie as ’n gegewe beskou nie.”

Ondanks sy bestendigheid, het Grace steeds net een professionele sege agter sy naam: die Coca-Cola-titel wat hy in 2010 gewen het. Hy sê dit is soms frustrerend, maar dat hy nog nie perspektief daaroor verloor het nie.

“Dit is frustrerend, maar dis lekker om te weet die bestendigheid is daar,” het hy gesê. “As jy kyk na iemand soos (die wêreld se voorste speler) Luke Donald het hy nie baie gewen voor verlede jaar (toe hy vier titels opgeraap het) nie, maar sy uitslae is sy hele loopbaan lank baie bestendig.

“Een of ander tyd gaan dit ook vir my vrugte afwerp. In dié stadium voel ek naby aan ’n oorwinning. Ek is regtig tevrede met my gholf.

“In die verlede het my setwerk en my kortspel my teruggehou, maar nou is dit veel beter. Ek maak langer sethoue en ek gee myself meer kanse om op naweke in die prentjie te wees.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.