Charl verjaag Augusta-spook

2012-12-16 03:32

Charl Schwartzel met die wentrofee van die Thailand-ope, wat hy met 'n yslike elk houe gewen het. Foto: SAK CHAI LALIT/AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die wêreld kan oor twintig jaar weer in vervoering raak oor die manier waarop Charl Schwartzel sy eerste major-titel verlede jaar verower het. 


Maar nou moet hulle ’n slag oor iets ánders probeer praat. 

Soos die merkwaardige manier waarop hy verlede week vir die eerste keer in Asië gewen het. Só het die 28-jarige Schwartzel Vrydag opgesom wat sy sege met elf houe in verlede week se Thailand-ope werklik vir hom beteken het. 

Ja, die groot wenmarge was spesiaal. 

En ja, dit was goed om ’n slag weer in die wenkampie te staan.

Maar eintlik was dit net wonderlik omdat die wêreld nou ’n slag dáároor kan praat, eerder as oor Augusta. 

“Dit was ’n lekker oorwinning, net om die ys te breek ná die Meesters-sege. 

Dis so ’n groot ding en almal het die heeltyd gepraat oor: ‘Wanneer gaan jy weer wen?’,” het Schwartzel gesê. 

“Maar wen is nie so maklik soos almal dink nie. Soms speel jy goed, maar jy wen nie. Vir my was die beste deel van Thailand dat ek weer gewen het en dat ons almal nou die Meesters-ding agter ons kan sit en aangaan. Dis amper twee jaar later, so kom ons los dit nou. Die wêreld kan oor 20 jaar te kere gaan oor die Meesters-wen, maar nou – kom ons maak nou nuwe herinneringe.” 

Charl se sege was glad nie onverwags nie, ná hy in sy drie toernooie voor dit onderskeidelik vyfde, derde en tweede geëindig het. 

Die wenmarge het die hele wêreld egter onkant gevang – en is selfs meer verrassend wanneer hy vertel dat hy glád nie tevrede was met hoe hy die bal daar geslaan het nie. 

"Verlede week was aaklig. Ek het die bal glad nie goed geslaan nie, maar was gelukkig dat die gholfbaan my gepas het,” sê hy. 

“Ek weet nie of dit die moeë lyf was nie, maar my tydsberekening was heeltemal uit. Die geheim was dat ek by die regte putjies die skoonvelde gemis het. Ek kon in elk geval nie die setperke van die syfer 5-putjies bereik nie, so dit was nie so ’n groot probleem om daar die skoonveld van die bof af te mis nie.” 

Schwartzel sê dis belangrik om te onthou dat ’n speler se ongemaklikheid met sy swaai nie as ’n reël ’n swak telling sal oplewer nie. 

“Dis net, hoe beter jy die bal slaan, hoe groter is jou selfvertroue en hoe meer in beheer voel jy. Verlede week moes ek sonder daardie gevoel van beheer speel.” 

Schwartzel se gemiddelde telling oor sy laaste tien rondes is om en by 4 onder – klinkklare bewys dat hy tans op die kruin van die golf ry. 

Maar één ding wat hy die afgelope jaar geleer het, is dat dit maklik kan verander – hy kan nie verklaar wat die ribbesering wat sy jaar in Junie op sy kop gekeer het, veroorsaak het nie, maar hy weet dit het ’n paar van sy planne omvergewerp. 

Dalk is dit waarom hy nie te ver vooruit wil dink nie. 

Vir die vraag oor sy doelwitte vir die volgende twaalf maande het hy nie Vrydag ’n antwoord gehad nie. 

“Ek wil nie eens dink oor my doelwitte vir die volgende twaalf maande nie. Ek wil net aanhou speel sonder enige verwagtinge. 

“In jou agterkop weet jy wat jy wil bereik. Ek wil net in die oomblik bly. As ek die beste speel, sal ek wen en sal die geldlyste en die wêreldranglys vir hulself sorg. 

“Jy kan ’n tree vooruit gee en sê jy wil bereik wat Rory (McIlroy) het en albei kante van die Atlantiese Oseaan die geldlys wen en bo-aan die wêreldranglys wees. 

“Ja, natuurlik wil ek dit doen, maar dit kan nie my doelwit wees nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

Durban
Communicate Cape Town IT
Market Related

Python Developer

Sandton
Communicate Cape Town IT
R250000 - R300000

Java Developer

Sandton
Communicate Cape Town IT
R60000 - R62000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.