Die Tier brul weer

2013-01-27 00:04

Tiger Woods

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Dit was weer die Tiger van ouds, het die Yank Dustin Johnson Vrydagaand getwiet nadat hy en die res van die deelnemers in die Farmers Insurance-Ope net kon toekyk hoe die Tier die horlosie op een van sy gunsteling-bane terugdraai.

Waarder woorde het Johnson lanklaas gespreek.

Woods het die 36 putjie-voorsprong Vrydag geneem by die Torrey Pines-gholfkompleks – daar waar hy in 2008 op een been die Amerikaanse Ope gewen het en nog vyf ander kere geseëvier het.

Dit was die beloning vir ’n sprankelende 65 (sewe houe minder as baansyfer) wat ses voëltjies en ’n arend ingesluit het, en plaas hom op 133 (-11) twee houe voor Billy Horschel.

Met ’n irriterende motreëntjie en ligte briesie in sy blaaie kon Woods homself gelukkig ag dat hy sy tweede ronde moes speel op die Noord-baan, wat sowat 600 treë korter is as die uitdagender Suid-baan.

Maar dan sou hy daardie uitleg waarskynlik ook Vrydag seergemaak het.

Hy was reguit en akkuraat van die bof af en sy ysterspel was uitmuntend.

Aan die einde van die dag het hy die vier syfer 5-putjies in vyf houe minder as syfer voltooi, danksy drie voëltjies en ’n arend van sowat ’n meter af by die agttiende putjie.

’n Paar jaar gelede sou die organiseerders al die graveerder ingeroep het om Woods se naam te begin uitkerf op hul trofee, wat hy reeds ses keer vantevore gelig het. Maar die wêreld – en Woods – weet deesdae beter as om hom te vroeg te begin kroon.

In sy loopbaan het Woods ’n halfpadmerk-voorsprong 34 uit 44 keer deurgedra vir ’n sege, maar hy het by vier van die laaste ses geleenthede nie die paal gehaal nie.

“Nee wat, daar’s nog ’n lang pad om te stap,” het hy ná sy ronde volgens die PGA-reeks se webtuiste gesê.

“Maar ek voel goed. En hoekom nie, ek loop voor.”

Ondanks sy onlangse naweek-dramas sou Woods tog Vrydagaand met meer selfvertroue as enigiemand anders gaan slaap het.

Torrey Pines is nie ’n plek wat hom in sy loopbaan al te veel probleme gegee het nie, en hy sal voel hy kan sterk staan teen die res van ’n veld wat nie naastenby soveel bereik het soos hy nie.

Nie een van die sewe mans wat ná 36 putjies die naaste aan hom was, het byvoorbeeld al ooit in die PGA-reeks gewen nie.

Woods, daarenteen, besit 74 PGA-titels.

Trevor Immelman, die enigste Suid-Afrikaner in die veld, is tien houe agter Woods ná rondes van 72 en 71.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.