Die keiser is kaal

2013-01-20 02:15

Lance Armstrong kort nadat hy sy sewende Tour de France-titel verower het. Foto: Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die waarheid het wel op die lappe gekom, maar Lance Armstrong sal die nagevolge van die opkikkerskandaal, wat in Oktober verlede jaar oopgevlek is, vir ’n baie lang tyd nog voel.

Hy het in ’n TV-onderhoud met Oprah Winfrey erken dat hy verbode middels, waaronder EPO, testosteroon en bloedoortappings, gedurende sy professionele fietsryloopbaan gebruik het.

Maar Armstrong het homself dalk ook in die spervuur van meer as een regsgeding geplaas.

Die wêreld hou asem op om die sien of dié 41-jarige Yank van meineed aangekla sal word en soos die Amerikaanse naelloper Marion Jones destyds dalk tyd in die tjoekie sal moet deurbring.

Dit is nog onseker of die Amerikaanse regering sy ondersoek na Armstrong, wat in Februarie verlede jaar afgelas is, sal hervat.

Die lys van mense wat van dié beleërde fietsryer geld eis, is steeds aan die groei – en al spring hy tronkstraf vry, kan Armstrong, met ’n netto waarde van sowat $125 miljoen, se bankrekening heeltemal leegloop.

Floyd Landis, een van Armstrong se voormalige US Postal Service-spanmaats (USPS), het in 2010 ’n regsgeding teen Armstrong en die USPS-spanbase aanhangig gemaak.

Hierin voer hy aan dat Armstrong-hulle die bepalings van hul borgskapkontrak geskend het deur verbode middels te gebruik en bedrog gepleeg het teenoor USPS, wat ’n geskatte $30 miljoen (sowat R267 miljoen) betaal het om die span te borg.

Armstrong-hulle kan glo meer as $90 miljoen (sowat R800 miljoen) opdok, indien hulle aanspreeklik gevind word.

Die Britse Sunday Times en SCA Promotions het albei ook reeds aan Armstrong se deur kom klop.

Die Britse koerant het in 2006 ’n lastersaak teen Armstrong verloor en buite die hof geskik.

Hulle het £300 000 (R4 miljoen) aan Armstrong betaal en eis nou dié bedrag met rente terug.

Die koerant eis ook hul regskoste en £1 miljoen (R14 miljoen) van Armstrong.

“Ons het Lance Armstrong se onderhoud met belangstelling dopgehou en kennis geneem van al sy erkennings oor die gebruik van verbode middels,” het ’n woordvoerder van dié koerant gesê.

“Ons saak is nou nog sterker as ooit en ons sal dit met mening voortsit.”

SCA Promotions, ’n versekeringsmaatskappy, eis $12 miljoen (R106 miljoen) van hom.

Ook húlle het ’n saak teen Armstrong in 2005 verloor en moes hom eindelik ’n bonus van $7,5 miljoen betaal.

Hulle moes ook ’n verdere $4,5 miljoen aan prysgeld opdok.

Armstrong het in dié verhoor onder eed gelieg en gesê hy het nooit verbode middels gebruik nie.

Jeffrey Tillotson, ’n regsverteenwoordiger vir dié maatskappy, het reeds aan Amerikaanse media bevestig hulle oorweeg dit om hom vir dié bedrag te dagvaar en is van plan om dit uit te lig dat hy onder eed gelieg het.

Armstrong het in die tweede deel van Winfrey se onderhoud, wat gister om 04:00 in Suid-Afrika op die internet was, gesê die opkikkerskandaal het hom sowat $75 miljoen (R666 miljoen) aan kommersiële geleenthede en verlore borgskappe gekos.

Van sy voormalige borge waaronder Nike, Trek en Oakley kan ook nog sake teen hom aanhangig maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Ander-kommentaar

Fanus Ras sê... Ek sou ook nie bloei vir 'n wit t-shirt met groen moutjies nie. Maar 'n werklike egte groen Springbok trui is 'n ander saak. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.