Djô-djô! Novak kóók

2012-01-21 22:56

Die Skot Andy Murray slaan neer tydens sy oorwinning oor die Fransman Michael ­Llodra in die Australiese Ope. Foto: Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Novak Djokovic het met ’n groot gejuig tot die vierde ronde van die Australiese Ope deurgedring toe hy gister net twee potte teen die hulpelose Nicolas Mahut van Frankryk afgestaan het.

Die verdedigende kampioen en eerste gekeurde het net 74 minute nodig gehad om Mahut met 6-0, 6-1, 6-1 te verneder. Die Serwiër jaag ’n vierde titel in vyf Grand Slam-toernooie, ná hy verlede jaar die Australiese Ope, Wimbledon en die Amerikaanse Ope gewen het. Hy het nog nie ’n stel in vanjaar se toernooi verloor nie, en die vierde ronde gister vir die sesde jaar in ’n ry gehaal.

Mahut het gister sy dertigste verjaardag gevier, maar sy dag is duidelik ontsier deur ’n knaende pyn in sy linkerknie. Boonop was Djokovic nie van plan om hom enige presente te gee nie.

Hy het die Fransman se ongemak uitgebuit deur agt keer op sy afslaan deur te breek en net agt ongedwonge foute in 20 potte te maak.

“Alle krediet aan Nicolas. Daar was verbande om sy knie en hy het duidelik gesukkel om te beweeg, maar hy het geweier om uit te tree. Ek het nogal jammer vir hom gevoel,” het Djokovic gesê.

Die Brit Andy Murray, wat in verlede jaar se eindstryd teen Djokovic verloor het, is ook deur na die vierde ronde ná hy nóg ’n Fransman, Michael Llodra maklik uit sy pad gevee het.

Hy was deurgaans in beheer van die wedstryd, wat hy met 6-4, 6-2, 6-0 gewen het, en het ’n indrukwekkende 48 wenhoue geslaan.

Jo-Wilfried Tsonga, die man wat in die eindstryd van 2008 teen Djokovic verloor het, was ook gister haastig om deur die derde ronde te kom, en het die Portugees Frederico Gil met 6-2, 6-2, 6-2 uitgeskakel.

Tsonga het in die afgelope jaar tot die halfeindrondes van Wimbledon én die Amerikaanse Ope deurgedring.

Hy het nog nie die seisoen verloor nie, en in Doha die agtste ATP-titel van sy loopbaan gewen.

In ander aksie gister het die Spanjaard David Ferrer met 7-5, 6-2, 6-1 teen Argentinië se Juan Ignacio Chela gewen.

Die Fransman Gael Monfils (veertiende gekeur) het in vyf stelle teen Mikhail Kukushkin van Kazakstan verloor.

- AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.