George, Branden veg om geldglorie

2012-12-02 00:30

Suid-Afrika se Branden Grace. Foto: Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die heel eerste Nelson Mandela-kampioenskap sal Donderdag op die Royal Durban-gholfklub sonder ’n enkele van Suid-Afrika se major-kampioene begin – maar dit laat die deur oop vir die twee toekomstige supersterre wat sake oor die volgende twee weke om Sonskynreeks-geldglorie sal uitspook. 


Branden Grace, wat vanjaar reeds vyf keer gewen het, en George Coetzee (die naaswenner in die Suid-Afrikaanse Ope) is die voorlopers op die Sonskynreeks se geldlys en hoewel heelwat ander spelers die kroon onder hul neuse kan wegsteel, laat die duo se huidige spelpeil dit baie onwaarskynlik lyk. 

Grace gee die pas aan met verdienste van R2,45 miljoen in ses toernooie vanjaar. 

R2,14 miljoen daarvan ná sy Joburg-Ope-sege in Januarie. Louis Oosthuizen beklee die tweede plek met die R1,66 miljoen wat hy in die Afrika-Ope gewen het, maar hy sal nie die nodige getal toernooie speel om in aanmerking te kom nie.

Dit plaas Coetzee – wat R1,56 miljoen in vier toernooie verdien het tweede op die lys met sowat R900 000 minder as Grace. 

Met die Nelson Mandela-toernooi in Durban en aanstaande week se Alfred Dunhill-kam­pioenskap buite Malelane, wat miljoene beloop, kan Coetzee sy Suid-Kaapse vriend dalk inhaal. 

Ander spelers wat nog ’n kans staan om bo-aan die lys te eindig sluit in Trevor Fisher jr., Jaco van Zyl, Thomas Aiken en Darren Fichardt. 

Die meeste spelers in die Mandela-toernooi is van Suid-Afrika, maar ook met ’n sterk Engelse verteenwoordiging. 

Die land se major-kampioene sal afwesig wees. 

Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel is van Donderdag af in aksie in die Thailand-kampioenskap, Retief Goosen herstel van sy skoueroperasie en Ernie Els en Trevor Immelman het die week af.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.