Gholfster in ongeloof oor droomseisoen: ‘Dis ’n grap!’

2012-10-13 22:52

Branden Grace Sondag met die Alfred Dunhill-trofee, nadat hy met ’n sege by die tuiste van gholf, St. Andrews, die grootste wentjek (byna R7 miljoen) en glansrykste titel van sy loopbaan gewen het.| Foto: Getty

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As jy op Nuwejaarsdag 2012 vir Branden Grace gesê het die volgende tien maande van sy lewe sal vyf titels – waarvan vier in die Europese reeks – oplewer en hom toelaat om te droom van geldglorie in een van die wêreld se voorste toere, sou hy jou waarskynlik uitgelag het.

Dié 24-jarige met die maklike glimlag was aan die begin van die jaar nr. 271 op die wêreldranglys; hy moes pas deur die trauma van die kwalifisering-skool gaan om sy spelersregte in die Europese reeks te herwin – en het ondanks jare lange voorspellings van ’n blink toekoms steeds net een beroepstitel in die sakkie gehad.

Sy 2012 sou ’n sukses gewees het as hy net sy spelerskaart kon behou.

“Ek dink enige ou wat pas deur die kwalifiseringskool moes gaan, sal vir jou dieselfde ding sê: jou eerste prioriteit is om net op die groot toer te bly,” het hy die afgelope week aan die webblad 7 Days in Dubai gesê.

Wel, nege maande later lyk prioriteit nommer een heelwat anders. In dié tydperk het hy vyf keer reg rondom die wêreld gewen; in drie van die vier major-toernooie gespeel; meer as R22 miljoen ryker geword; die laagste telling in die Europese reeks geëwenaar – en ’n trofee vasgehou op St. Andrews se Swilcan-brug.

“Dis ’n grap,” het hy die afgelope week gesê, ná sy vyfde 2012-sukses in die Alfred Dunhill-linkstoernooi in Skotland. “Die week in Skotland was ’n grap – die hele seisoen is eintlik te veel om in te neem.”

Ditto sy volgende doelwit: geldlys-oorheersing in Europa.

Grace het die afgelope week na Suid-Afrika teruggekeer om sy batterye te herlaai vir sy aanslag op die geldtitel, nadat sy triomf by St. Andrews hom tot die derde plek op dié lys sien opskuif het.

Hy het tot dusver dié seisoen meer as €2 miljoen (R22 miljoen) gewen en is €800 000 agter die huidige geld-voorloper, Rory McIlroy.

“Dis regtig nie so baie geld om op te maak nie,” het Grace volgens ASAP Sports gesê. “Nie met al die groot toernooie wat nog voorlê nie.”

En nie teen die agtergrond van die wenhonger wat nou so sterk in die Suid-Kapenaar brand nie.

Die vonk wat sy eerste sukses in Johannesburg in Januarie aangesteek het, is nou ’n veldbrand, met sy vyf titels die meeste van enige speler ter wêreld. Hy is nou, in die woorde van sy kinderheld Ernie Els “’n wêreldster, iemand wat kan wen ongeag waar hy speel”.

“Hy is goed genoeg om ’n Britse Ope te wen,” het Els, die heersende Britse Ope-kampioen, op sy webtuiste gesê. “Toe hy in 2006 by ons (die Ernie Els-stigting) was, het ons al gesien hy is ’n uitstekende speler met ’n intense passie vir en toewyding tot gholf.”

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-24°C Morning clouds. Mild. Pta: 10-25°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-20°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 9-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-28°C Haze. Warm. PE: 16-21°C Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!