Giniel in sy skik

2013-01-20 02:08

’n 11de Dakar-titel vir Frankryk se Stephane Peterhansel.

En ’n beter plasing as in 2012 vir die Suid-Afrikaner Giniel de Villiers.

Dís die uitslag waarop die moordende uithouren gister voor die 14de en laaste skof – met ’n spesiale sneldeel van 346?km – in Santiago, Chili, afgestuur het.

Die Fransman, in sy BMW-vervaardigde Mini, het vanjaar se uithouren oorheers – en die algehele voorsprong van ’n raps meer as 40 minute waarmee hy gister weggespring het, is meer as genoeg om hom van die louere te verseker.

Danksy daardie buffer het hy reeds in die laaste drie dae sake rustiger begin vat en net gesorg dat hy binne die top-10 renjaers van elke skof se tye klaarmaak.

“Dis nou onnodig om kanse te waag,” het Peterhansel gesê.

En hy is reg. Nes De Villiers (Toyota Hilux), wat ’n voorsprong van byna 45 minute oor die derde geplaaste Rus Leonid Novitskiy (Mini) geniet, moes die Fransman net gister se laaste skof sonder voorval en in ’n redelike tyd voltooi om onder die voorlopers te bly.

De Villiers het gister se 14de skof begin met die wete dat hy beter as in 2012 se tydren gaan vaar.

Hy was verlede jaar algeheel derde in die Hilux.

Daarom het hy ook die laaste twee skofte rustiger gevat en nie kanse gewaag wat sy algehele plasing in gevaar sou stel nie.

“Dis nie ’n skof waarin jy aanval as jy in ons posisie is nie. Die kans om ’n fout te maak en jou plek prys te gee is groter hoe waaghalsiger jy is,” het De Villiers ná die voorlaaste skof aan dakar.com gesê.

Die Suid-Afrikaner sal breed glimlag as hy vandag by die titel-seremonie in Santiago met die “silwermedalje” beloon word.

’n Tweede plek is nie te versmaai nie, veral as jy nie ’n enkele skof vanjaar gewen het nie.

“As ons algeheel tweede kan eindig, sal dit baie goed wees. Dan het ons minstens op verlede jaar se derde plek verbeter. Ons was vanjaar baie nader aan ons mededingers as in 2012,” het De Villiers gesê.

In die motorfiets-afdeling was die Fransman Cyril Despres (KTM) gister nog op koers om sy titel suksesvol te verdedig.

Hy sou egter alles in die laaste skof in die stryd moes werp, want die naaste aanspraakmaker, Chili se Francisco Lopez Contardo (KTM), was net 8:15 minute agter hom.

Suid-Afrika se Riaan van Niekerk (KTM) was op koers om die tydren minstens onder die voorste 15 jaers klaar te maak.

In die vierwielmotorfiets-afdeling was Sarel van Biljoen (E-ATV) 22ste geplaas voor die begin van die laaste skof.

Teen druktyd was die laaste skof nog aan die gang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

IOS Mobile Application Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Courier Internal Sales

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.