Gordon: Bafana nog op koers

2012-10-13 22:52

Bernard Parker (regs) en die Pool Damien Perquis veg Vrydagaand in Warskou om die bal. | Foto: AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Suid-Afrikaanse sokkerspan kan steeds nie met ’n Europese teenstander afreken nie én Gordon Igesund het nou meer wedstryde verloor as wat hy gewen het aan die stuur van Bafana Bafana, maar dié afrigter meen sy span is op koers na ’n stewige vertoning in die Afrikabeker-toernooi.

Die Suid-Afrikaners het eergisteraand in die Kazimierz Gorski–stadion in Warskou met 0-1 vasgeval teen Pole, danksy ’n doel in die 82ste minuut deur die plaasvervanger Marcin Komorowski. Tog kon die skade veel vroeër, véél erger gewees het – was dit nie vir ’n uitmuntende Itumeleng Khune nie.

Dié 25-jarige doelwagter het ’n halfdosyn Poolse doelpogings gefnuik, maar hy moes hulpeloos toekyk hoe Komorowski toeslaan?– toe ’n soveelste Bafana-verdedigingsflater dié Oos-Europeër met ’n onbemande doelhok gelaat het.

Siyabonga Sangweni het kort daarna so byna die gelykmaker behaal, maar die lynregter se onkantvlag het Suid-Afrikaanse harte gebreek.

“Natuurlik is ons teleurgesteld, maar ek het gesien wat ek wou uit die wedstryd,” het Igesund, wat in Junie as Pitso Mosimane se opvolger aangewys is, agterna gesê.

“Ek het ’n paar jong spelers kans gegee in die span en dis alles deel van ons voorbereiding vir die Afrikabeker.

“Ek gee nie om om wedstryde soos dié te verloor nie, mits die spelers leer daaruit. Dit berei jou voor vir die kragmetings wat tel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.