Grace, Coetzee kook voor reën

2012-01-14 23:42

George Coetzee gister in aksie. Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Branden Grace sal die derde ronde van die Joburg Ope vanoggend hervat met ’n aandeel aan die voorsprong, ná hy die dag se spel met drie voëltjies in ’n ry afgesluit het.

Dié 23-jarige van George was by die sestiende putjie van die Royal Johannesburg & Kensington-gholfklub se Oos-baan, toe spel kort voor halfsewe gisteraand weens swak lig en reën gestaak is. Met ’n telling van 15-onder deel hy die voortou met die Engelsman Richard Finch, wat nog vier van die putjies in sy derde ronde moet voltooi.

Die Pretorianer George Coetzee is ’n verdere hou terug in die derde plek. Daar is drie spelers op -12 (onder meer die Bloemfonteinse pikkie Jbe’ Kruger), drie op -11 en sewe op -10.

Ingesluit in laasgenoemde groep is Retief Goosen, wat ondanks agtereenvolgende brouhoue by die elfde en twaalfde putjies steeds in die prentjie is.

Die derde dag van die reëngeteisterde Joburg Ope het verbasend glad verloop, met die voorspelde reën en donderstorms wat nooit gematerialiseer het nie.

Hierdeur kon die tweede ronde vroeg gisteroggend voltooi word, en het ’n gesonde aantal van die 66 spelers wat die halfpadmerk-afsnypunt oorleef het, hul derde rondes teen die einde van die dag voltooi. Net 24 moet vanoggend uitgaan vir derde ronde-aksie.

Sou die donderweer dus vandag wegbly, sal alle vrese oor ’n Maandag-einde besweer word.

Grace het sy drome van ’n eerste Europese titel gister op indrukwekkende wyse lewendig gehou, met ’n foutlose vertoning wat vyf voëltjies oor vyftien putjies opgelewer het.

Die Suid-Kapenaar het veral op die setperke beïndruk, waar hy elke belangrike sethou gesink het. Dit was krities in gister se ronde – ’n paar van die vlagplasings was redelik onsimpatiek en by ’n paar geleenthede het selfs goeie naderhoue nie naby die blikkie beland nie.

Oor die algemeen het die voorlopers dit egter goed hanteer.

Finch, ’n tweemalige Europese wenner, se setyster was self vuurwarm, maar die grootste hoogtepunt van sy dag is deur die sandyster opgelewer.

Die Brit se ronde het ’n afwaartse draai geneem toe hy ’n brouhou by die sewende putjie aangeteken het, en toe sy naderhou by die agtste in ’n sandkuil langs die setperk beland, was hy skynbaar in die moeilikheid.

Maar die Engelsman het vanuit die sand ingekap vir ’n merkwaardige arend, en by die volgende putjie die voortou geneem ná ’n lang sethou vir voëltjie.

Van daar het hy nie weer teruggekyk nie.

Coetzee is op -14 ná ’n dag waarop hy oorgeloop het van selfvertroue. Dié 25-jarige Pretorianer het drie voëltjies oor veertien putjies aangeteken.

Coetzee het ’n fantastiese 2011 in die Europese reeks gehad, met vier top-3-uitslae en byna R10 miljoen in verdienste.

Sy honger vir ’n eerste Europese titel het duidelik nie oor die feestyd verminder nie.

Kruger het oor die eerste agt putjies van die derde ronde twee sethoue vir voëltjies verspeel, maar ná hy uiteindelik by die negende ’n lange gesink het, het hy met meer momentum gespeel. Hy deel die vierde plek met die Paarliet Dawie van der Walt en Kanadees Andrew Parr.

Albei het hul derde rondes reeds voltooi – Van der Walt het ’n 67 (-5) op sy telkaart ingevul, en Parr het die beste ronde van die week by die Oos-baan – ’n foutlose 64 (-8) – aangeteken.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.