Groot skuiwe kom in SA gholf

2012-01-14 23:42

Drie van Suid-Afrika se vier groot gholftoernooie kan dalk van aanstaande jaar af eers in Februarie plaasvind, met net die Suid-Afrikaanse Ope wat aan die einde van die kalenderjaar sal bly.

Rapport verneem daar is samesprekings om die Afrika Ope en Joburg Ope – wat tans in onderskeidelik die eerste en tweede weke van Januarie deur die Sonskynreeks, in samewerking met die Europese reeks, aangebied word – van 2013 af ’n maand later te hou.

Dit sal dan plaasvind ná die soegfnaamde “woestynfase” van die Europese reeks, wat toernooie in Katar, Abu Dhabi en Dubai insluit.

Die grootkoppe van die Europese en Sonskynreekse hoop volgens inligting ook om die Alfred Dunhill-kampioenskap, wat verlede jaar in November plaasgevind het, óók na Februarie te skuif.

Daar word glo steeds hieroor onderhandel.

Daar is in dié stadium geen duidelikheid oor die Dunhill-toernooi se onmiddelike toekoms nie.

Dié toernooi verskyn nie op die Europese reeks se skedule vir 2012 nie.

Volgens die skedule wat die reeks ’n paar weke gelede uitgestuur het, sal die Suid-Afrikaanse Ope vanjaar van 15 tot 18 November by die Serengeti-gholfbaan in Ekurhuleni plaasvind, in dieselfde week as die Hongkong Ope.

’n Week later word die seisoen afgesluit met die Dubai-wêreldkampioenskap.

Daar is drie oop weke in die skedule – onderskeidelik in Mei, Augustus en Oktober – maar dis onwaarskynlik dat die Dunhill-toernooi in een van daardie oop gate ingepas sal word.

Die plan is glo nou om dit in die tweede week van Desember aan te bied (soos dit tot in 2010 die geval was) – en dit gevolglik die eerste toernooi van die Europese reeks se 2013-seisoen te maak.

Die Sonskynreeks het aan Rapport gesê daar is nog geen definitiewe planne rondom die volgende datum van die Dunhill-toernooi nie.

Maar dit lyk redelik seker dat dit nie deel van die Europese reeks se 2012-seisoen sal vorm nie.

Wat die Afrika Ope betref, is die organiseerders glo baie gewillig om in ’n Februarie-tydgleuf in te skuif.

Dié toernooi is vanjaar hard getref deur die lengte van die 2011-reeks, wat eers in die tweede week van Desember afgesluit is.

Dít het daartoe gelei het dat talle spelers in die eerste week van Januarie steeds vakansie gehou het.

Die Joburg Ope, wat vandag sal eindig, het dieselfde probleem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.