Is hulle die nuwe Rafa en Roger?

2012-09-09 01:27

Andy Murray

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit is nog heeltemal te vroeg om dit as die aanbreek van ’n nuwe hoofstuk in manstennis te beskryf, maar die afwesigheid van albei die sport se grootste supersterre, Roger Federer en Rafael Nadal, gister in die halfeindronde van die Amerikaanse Ope, is minstens die eerste tekens van ’n getyverandering.

Vir die eerste keer in 33 grand slam-toernooie is nie een van dié supersterre – die oorheersende figure van 2003 tot 2010 – in die laaste vier nie. In Nadal se geval is dit weens ’n besering (die soveelste die afgelope drie seisoene, en net nog olie op die vuur vir diegene wat glo sy manier van speel sal sy loopbaan voortydig beëindig) en in Federer se geval weens sy nederlaag teen Tomas Berdych in die kwarteindronde.

Op 31 het die Switser nog petrol in die tenk, soos hy in Junie met die verowering van sy vyfde Wimbledon-kroon gewys het. Maar dis duidelik dat die bestendigheid van sy twintigerjare eenvoudig nie meer daar is nie.

Dié stand van sake laat die deur oop vir die Djokovicse, Murrays, Berdychse en Tsongas van die wêreld om hul stempel op wêreldtennis te laat.

Novak Djokovic het dit natuurlik verlede jaar reeds begin doen, met vier grand slam-suksesse tussen Januarie 2011 en Januarie 2012.

Andy Murray word deesdae afgerig deur die tennislegende Ivan Lendl, en daar is beslis ’n verandering in sy sielkundige benadering en selfvertroue.

Djokovic en Murray was gisteraand in aksie in die halfeindronde. Die Serwiër het te staan gekom teen die gevaarlike Spanjaard David Ferrer, terwyl Murray die Tsjeg Berdych aangedurf het.

* Die vroue-eindstryd tussen Serena Williams en Victoria Azarenka het vroeg vanoggend, ná druktyd, plaasgevind.

Albei het die titelstryd maklik gehaal, met Azarenka wat haar halfeindteenstander, Maria Sharapova, se ysingwekkende aantal ongedwonge foute uitgebuit het, en Williams wat net drie potte teen Sara Errani verloor het.
Williams het net 64 minute nodig gehad om die Italianer onder te kry. Haar hele wedstryd was korter as die derde stel van die epiese stryd tussen Azarenka en Sharapova.

Sharapova het die eerste stel gewen en vroeg in die tweede stel deurgebreek, maar kon Azarenka nie weerhou van ’n grootse terugvegpoging nie.

Sharapova het 10 dubbelfoute en 42 ongedwonge foute gemaak.

Dit was die eerste keer in 79 wedstryde dat Sharapova die eerste stel verloor het, maar die wedstryd verloor het. Dit was ook die eerste keer in twaalf wedstryde vanjaar dat sy nie ’n driestel-stryd kon wen nie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.