Jong Blitse buit goud

2013-01-20 02:20

As Suid-Afrika oor ’n raps meer as drie jaar die Olimpiese goue medalje vir sewesrugby gaan wen, het hy gister op o.18-vlak sy eerste klein, dog belangrike tree daarna gegee.

Dít, nadat 12 skolespelers die Suid-Afrikaanse vlag in Sydney laat wapper het toe hulle goud gebuit het op die Australiese Olimpiese Jeugfees – ’n “leerskool” vir toekomstige Olimpiese sportlui.

Die jong Blitse het Australië in die eindstryd met 22-7 geklop, nadat hulle Japan in die halfeindronde met 68-0 laat glo het dat daar inderdaad ooreenkomste tussen sewesrugby en T20-krieket is.

Die span is deur Neil Powell afgerig, met Marius Schoeman (spanbestuurder) en Renfred Dazel (tegniese ontleder) as sy adjudante.

En hierdie was die vierde agtereenvolgende toernooi waarin Powell en Schoeman se span wen.

Die SA Elite-ontwikkelingspan – ’n tweede linie Blitsbokke – het die Kenia-sewes in September gewen, waarna hy as die Samurai in Dubai en George koning gekraai het.

’n Onder 17-oefengroep – vanjaar se o.18’s – is al vroeg verlede jaar geïdentifiseer – en nes die Elite-span by die nasionale sewesakademie op Stellenbosch gebrei.

Met die uiteindelike uitslag was Schoeman heel in sy noppies.

“Dit is nie maklik om oorsee te wen nie. Dit is iets wat jy moet ervaar en dan aanleer om dit meer gereeld te kan doen. Dink net hoe wonderlik sal dit wees as die helfte van hierdie o.18-span in 2016 op die Spele in aksie is,” was sy woorde aan Rapport.

En die gemeente sê “Amen”!

?SA se uitslae in Sydney: Vrydag: Groeprondes: Klop Japan 58-0; klop Tonga 36-0; klop China 73-0, klop Australië 30-12.

Gister: Halfeindronde (Omdat SA as die top-span gekwalifiseer het, het hy die kwarteindronde vermy): Klop Japan 68-0.

Eindstryd: Klop Australië 22-7.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.