Juan: 'Ek's nie bang vir die Keniane'

2010-03-06 19:56

Juan vn Deventer (voor) Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

johan.vanwyk@sport24.co.za

Die winde van verandering waai nie net in die bedompige vergadersale van Suid-Afrikaanse atletiek nie.

Man, dis wraggies vrfrissend om ’n slag uit die mond van ’n SA langasem te hoor hy’s nie bang vir die Keniaanse- en Marokkaanse brekers wat eerskomende naweek in Doha, Katar, by die binnenshuise wêreldkampioenskappe teen hom in die 1 500 aantree nie.

Luister ’n bietjie na Juan van Deventer, wat die SA vaandel in Arabië gaan dra saam met Peter van der Westhuizen (ook 1 500), René Kalmer (3?000) en verspringers Khotso Mokoena, die verdedigende wêreldkampioen, en Janice Josephs.

“Ek glo rêrig ek het dit in my om die wêreld se beste te wees. Ek is nie meer, soos in my jonger dae, bang vir enigiemand nie –?selfs al kom hulle van Kenia af.

“Die enigste manier hoe ek hulle gaan klop, is om vir hulle te wys ek skrik nie vir hulle nie en sal nie ’n tree vir hulle terugstaan nie. Ek sal seker maak hulle vóél my teenwoordigheid in die wedloop. Selfs al moet ek my elmboog ’n paar keer gebruik.

“Ek moet eers verseker dat ek in daai eindstryd kom – en as ek daar is, gaan ek so hard ek kan hardloop om op die podium te kom. Dit sal nie maklik wees nie, maar ek glo in myself en ek glo ek het ’n uitstekende kans vir minstens ’n medalje.

“My fokus sal wees om aggressief te wees, om so na as moontlik aan die voorpunt te bly en die laaste oorskakeling na ’n vinniger pas perfek te beplan.

“Om goud te wen sal moeilik wees, maar ek glo ek het ’n baie goeie kans.

“Dit help nie jy gaan na ’n kampioenskap sonder die geloof dat jy kan wen nie.

“As ek my taktiek reg uitvoer en met guts en vasberadenheid hardloop, kan ek enigiemand in die wedloop klop.”

* Grootmond? Wel, Van Deventer (26) hét verlede maand in drie Europese binnenshuise byeenkomste wêreldklas-vertonings gelewer: twee SA binnenshuise rekords in die 1 500 (3:37.25 en toe 3:36.96) en een in die 3 000 (7:49.91). En hy hét die afgelope Donderdagaand in Potchefstroom soos ’n sneltrein met breins in ’n uiters indrukwekkende 3?000-sege gelyk.

Die huidige binnenshuise wêreldkampioen, Deresse Mekonnen van Ethiopië, kook self vanjaar met ’n beste van 3:33.10, terwyl die Keniane Gideon Gathimba (vanjaar 3:35.40) en Haron Keitany (3:35.69) asook Abdalaati Iguider (Morokko) en die Spanjaarde Diego Ruiz en Manuel Olmedo volgens Van Deventer sy sterkste teenstanders sal wees.

Sy afrigter, Gerrie Coetzee, sê: “Ek vergroot nie as ek sê Juan is in die ongelooflikste vorm van sy lewe nie. Hy is ’n uitsonderlike atleet, wat kan dink op sy voete.”

* Mokoena (25) het Donderdag in Potch met ’n 7.93 (uiteraard buitemuurs) rêrig met sý opmars na Doha begin. Hy het in 2008 die wêreldtitel met ’n 8.08 gewen en daarna sy potensiaal met ’n Olimpiese silwer medalje onderstreep.

Die Fransmanne Salim Sdiri (8.24) en Kafétien Gomis (8.21) betree Doha as die planeet se nommers 1 en 2 vanjaar.

* Kalmer (29) het in vier Europese onderdak-byeenkomste twee SA rekords (in die 1 500 en 3 000) opgestel én ’n persoonlike beste in die 5?000 behaal.

Afrigter Coetzee sê: “Sy’t niks om te verloor nie.

“Sy is, soos Juan, in die vorm van haar lewe.”

Van der Westhuizen het nog nie vanjaar in die 1 500 die wêreld aan die brand gehardloop nie, terwyl Josephs onlangs ’n seisoen-beste van 6.22 gespring het.

Sy hét al op 6.79 geland.

* Die binnenshuise wêreldkampioenskappe vind van Vrydag tot Sondag in Doha plaas. SuperSport saai dit elke dag regstreeks uit.

Die uitsaaitye is:

Vrydag 12 Maart: 07:30-10:30 en 13:15-18:30: SS6; Saterdag 13 Maart: 07:30-11:45 en 13:15-18:30: SS6; Sondag 14 Maart: 14:10-18:15: SS6.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.