Kampioen van kul

2012-10-13 22:52

Lance Armstrong se US Postal Service-span (USPS) het hul busbestuurder glo midde-in die Tour de France van 2004 aangesê om te maak of hul spanbus enjinprobleme ervaar – alles sodat Armstrong, Floyd Landis, George Hincapie en tientalle ander jaers ’n halfliter bloed terug in hul are kon pomp.

Dít is maar een van tientalle maniere waarop Armstrong en die USPS-span toetsbeamptes glo ontduik het terwyl hy sy pad na sewe agtereenvolgende Tour de France-titels oopgekul het.

Die Amerikaanse agentskap teen verbode middels (Usada) het die afgelope week ’n verdoemende verslag onthul, waarin Armstrong en die USPS-span by die “mees gesofistikeerde, professionele en suksesvolle opkikkerprogram wat sport tot nog toe gesien het” betrek is.

Meer as twee dosyn mense het getuienis gelewer, waaronder elf van die jaer se voormalige USPS-spanmaats.

Armstrong word onder meer daarvan beskuldig dat hy verbode middels soos Erythropoietine (EPO) – ’n verbode middel wat die produksie van rooibloedselle stimuleer – bloedoortappings, testosteroon en maskeermiddels gebruik het.

Landis, wat hom in 2002 by die USPS-span aangesluit het, sê Armstrong het hom in Junie 2002 vertel hoe hy die jaar vantevore positief getoets het vir die gebruik van EPO.

Armstrong en die destydse spanbestuurder, Johan Bruyneel, het daarna glo omkoopgeld aan die president van fietsry se internasionale beheerliggaam (UCI) betaal om dié uitslag onder die mat te vee.

Jonathan Vaughters getuig weer hoe Armstrong ’n saline-oortapping tydens die Wêreldkampioenskap van 1998 ontvang het. Die soutoplossing is onder die toetsbeampte se neus na Armstrong se hotelkamer gesmokkel – iets waaroor hy later geskerts het.

Hincapie het Armstrong in 2000, tydens ’n ren in Spanje, laat weet toe toetsbeamptes by hul hotel opgedaag het. Armstrong, wat testosteroon in die ren gebruik het, het homself onmiddellik daarvan onttrek.

Usada se verslag van meer as ’n 1 000 bladsye bevat deskundige analises van Armstrong se bloedmonsters, uitgebreide e-posse en bankstate wat staaf dat Armstrong meer as $1 miljoen aan die Italiaanse dokter, Michele Ferrari, betaal het.

Dít in ’n tydperk waarin Armstrong enige verbintenis met Ferrari ontken het.

Armstrong, wat lewenslank uit fietsry geskors is en voorlopig deur Usada van sy sewe Tour-titels gestroop is, het besluit om nie díe beslissing te beveg nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
44 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 17-25°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 1-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Cool. PE: 12-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!