Kleine se Grote?

2010-08-07 21:33

Charl Schwartzel (Foto: Stuart Franklin/Getty Images)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

marizanne.kok@sport24.co.za

Die moontlike volgende Amerikaanse PGA-kam­pioen? Hoe klink Ricky Barnes? Of Charl Schwartzel? Of Matt Kuchar? Of Edoardo Molinari?

Die laaste Major-gholftoernooi van die jaar – Glory’s Last Shot, noem die Amerikaners dit – begin Donderdag op die Whistling Straits-gholfbaan in Wisconsin, Amerika. En ná twee jaar waarin ses van die sewe Majors onverwagse kampioene opgelewer het, raak dit dalk tyd om die minder bekende spelers te ontleed in die aanloop tot ’n grote.

Dis nie so ’n vergesog nie. Nie eens Louis Oosthuizen, sy ouers of sy grootste ondersteuners in Albertinia sou ’n maand gelede rede gesien het om te voorspel dat hy die Britse Ope sou wen nie. Maar hy hét.

Graeme McDowell was eers ná 70 putjies van die Amerikaanse Ope op Pebble Beach die gunsteling om die titel te wen – en ook net omdat Ernie Els en Phil Mickelson nie die voet op die pedaal kon sit nie.

Verlede jaar was dit selfs erger. Nie een van Angel Cabrera, Lucas Glover, Stewart Cink of Y.E. Yang het die wedders opgewonde gemaak voor hul onderskeie oorwinnings nie.

Die realiteit is dat enigiemand deesdae ’n Major kan wen. Al wat nodig is, is vier dae waarop alles in plek val – ’n setyster wat sy kant bring, bestendigheid van die bof af, goeie ysterspel en bestendigheid onder druk. En elkeen wat goed genoeg is om vir die PGA-kampioenskap te kwalifiseer, het die vermoë om vier perfekte rondes te speel.

“Soos dit nou gaan, moet ’n mens waarskynlik jou geld op ’n onbekende ou sit vir die PGA-kampioenskap,” het die oud-speler Dale Hayes anderdag gespot. En toe sy eie teorie vir die aantal onverwagse wenners gegee.

“Die beste spelers het nie meer daardie dryf om te wen wat hulle in die dae van Jack Nicklaus en Gary Player gehad het nie. Deesdae hoef hulle nie meer te wen om baie ryk te word en op die wêreldranglys te klim nie,” sê Hayes.

Plaas dus maar ’n paar rand op Suid-Afrika se Schwartzel, wat nog honger vir ’n Major-titel sal wees vir die status wat dit ’n speler gee.

Hy sou gesien het met hoeveel vreugde en respek Oosthuizen verlede week in sy geboorteland terugverwelkom is, en sal dit ook wil smaak.

Dít was wat Y.E. Yang aangevuur het, ná jare van sukses onder sy vroulike landgenote, waarmee Engelsmanne soos Ross Fisher en Oliver Wilson grootgeword het terwyl Nick Faldo vyf Majors gewen het en wat die Molinari-broers ervaar het ná hulle verlede jaar die Wêreldbeker-toernooi gewen het.

;?Aan die ander kant sou dit natuurlik dwaas wees om voor te stel dat die werklike groot name nie op Whistling Straits ’n kleim kan afsteek nie.

Die reputasies en ervaring van spelers soos Tiger Woods, Phil Mickelson, Ernie Els, Rory ­McIlroy en Retief Goosen beteken dat hulle áltyd ’n kans sal hê. Tiger is steeds die wêreld se nommer?1. Hy kan enige oomblik weer op alle silinders begin vuur, en wanneer dít gebeur, sal al die ander weer in groot moeilikheid wees.

Mickelson is tans in Amerika die man om te klop, danksy vier top-5 uitslae in sy laaste agt toernooie, waaronder ’n sege in die Meesterstoernooi.

Suid-Afrika kan natuurlik óók groot droom. Die meeste oë sal op Els, Goosen en Oosthuizen wees, maar saam met hulle sal Schwartzel, Tim Clark, Rory Sabbatini en Trevor Immelman ook glorie najaag.

Els het vanjaar reeds twee keer gewen. Ondanks teleurstellende uitslae in al drie sy laaste toernooie, is hy steeds ’n beter speler as wat hy twaalf maande gelede was en is hy steeds honger vir Major-titel nr. 4.

Goosen kon wel nog nie vanjaar wen nie, maar hy het in 15 toernooie agt keer tiende of beter geëindig. En as sy rondes Donderdag en Vrydag in die Bridgestone-uitnodigingstoernooi enige aanduiding is, het hy baie petrol in die tenk om Whistling Straits toe te vat.

Oosthuizen en McDowell was die seisoen se verrassingspakkies, maar albei het hul sukses verdien. En soos Oosthuizen se triomf vir Schwartzel sal motiveer, sal McDowell s’n Rory McIlroy meer selfvertroue gee. Dit het hy reeds gewys in die eerste ronde van die Britse Ope met ’n 63 (-9) op St. Andrews.

7 Brekers

Die laaste twee seisoene van Major-gholf is dalk deur minder geroemde spelers oorheers, maar dit beteken nie dat die beroepswedders die groot honde van die sport moet oorsien nie.

Dié sewe spelers moet almal dopgehou word op Whistling Straits.

* Tiger Woods (VSA, 1)

Beste PGA:Kampioen (1999, 2000, 2006, 2007)

In 2010:Vierde in Meesterstoernooi en Amerikaanse Ope

* Woods het nog nie vanjaar beïndruk nie, en sy probleme wissel van dag tot dag. In een ronde sukkel hy met sy setwerk, net om die volgende dag van die bof af droog te maak. Dit sal egter nie vir altyd so bly nie. Die PGA-kam­pioenskap kan dalk net wees waar Woods sy aanslag op Jack Nicklaus se rekord van 18 Majors terug op koers kry.

* Phil Mickelson (VSA, 2)

Beste PGA:Kampioen (2005)

In 2010:Wen Meesterstoernooi, vierde in Amerikaanse Ope.

* Hy het vanjaar reeds etlike geleenthede gehad om die eerste plek op die wêreldranglys by Woods oor te neem, maar kon nie een daarvan benut nie. Desondanks beleef hy ’n baie goeie seisoen. Mickelson het reeds vanjaar ’n Major gewen, en weet ook hoe dit voel om in die PGA-kampioenskap te seëvier.

* Ernie Els (SA, 6)

Beste PGA:Derde (1995, 2007)

In 2010:Opeenvolgende oorwinnings in CA-kampioenskap en Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi, derde in Texas Ope en Amerikaanse Ope.

* Ná ’n welkome breuk in sy geboorteland behoort Els op Whistling Straits weer op al sy silinders te vuur. Hy maak geen geheim van sy honger vir ’n vierde Major-titel nie en het weer die nodige vertroue in alle aspekte van sy spel.

* Louis Oosthuizen (SA, 16)

Beste PGA:73ste (2009)

In 2010:Wen Andalusiese Ope in Spanje en Britse Ope.

* Sodra ’n speler so gemaklik by die tuiste van gholf wen soos Oosthuizen drie weke gelede het, raak dit onmoontlik om hom voor enige toernooi af te skryf. Hy het vanjaar reeds twee keer gewen en sy spelpeil is goed genoeg om ’n derde trofee in te oes.

* Graeme McDowell (N-Ier, 11)

Beste PGA:Tiende (2009)

In 2010:Wen Amerikaanse Ope

* McDowell is een van die wêreld se behendigste spelers op die Skotse Links-bane waarop Whistling Straits se uitleg gebaseer is. Sy oorwinning op Pebble Beach het vriend en vyand verras, maar het ook gewys dat hy sielkundig sterk is om uit te troon bo spelers met groter reputasies.

* Rory McIlroy (N-Ier, 8)

Beste PGA:Derde (2009)

In 2010:Wen Quail Hollow-kampioenskap, derde in Britse Ope.

* Op 21 spog dié jong speler reeds met ’n yslike reputasie, een wat hy vanjaar al twee keer gestand gedoen het: eers met die ronde van 62 waarmee hy die Quail Hollow-toernooi in Mei gewen het en met sy baanrekord-63 in die eerste ronde op St. Andrews. Hy was verlede jaar derde in die PGA-kampioenskap.

* Retief Goosen (SA, 17)

Beste PGA:Sesde (2005)

In 2010:Beste uitslag was vierde in Sony Ope en Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi; in 8 van 15 toernooie in top-10.

* Die PGA-kampioenskap is die een waarin Goosen in sy loopbaan die swakste gevaar het, met ’n enkele top-10-uitslag in 13 verskynings. Beserings het die Suid-Afrikaner se seisoen by twee geleenthede ontwrig, maar hy kan steeds tevrede voel met die eerste helfte van 2010 en hoop om dit te kroon met ’n goeie uitslag op Whistling Straits.


- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Enjoy 5-dr MY08
2009
R 124,994.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV
2007
R 155,990.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.