Koningin Victoria!

2012-01-28 23:14

Victoria Azarenka gister met die wennerstrofee. | Foto: RYAN PIERSE/GETTY IMAGES

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Victoria Azarenka van Belo-Rusland is die nuwe Australiese Ope-kampioen nadat sy die Rus Maria Sharapova in gister se eindstryd verneder het.

Die 22-jarige Azarenka het die eerste Grand Slam-titel van haar loopbaan verower deur Sharapova met 6-3, 6-0 te stoomroller. Dié oorwinning maak ook van haar die nuwe nommer een op die wêreldranglys.

Azarenka het albei haar laaste eindstryde teen die meer ervare Rus gewen, maar met Sharapova ’n driemalige Grand Slam-wenner – en sy sonder enige ondervinding van eindstryde op die grootste verhoog – was gister se wedstryd ’n perd van ’n ander kleur.

Azarenka het die eindstryd begin soos iemand wat goed geweet het hoe steil die bult kán wees, en haar heel eerste afslaanpot aan Sharapova afgestaan. Sy het geen ritme op haar afslaan gehad nie, en Sharapova gans te veel ritme gegee.

Dieselfde het gegeld in die eerste twee punte van haar tweede afslaanpot, maar met die telling op 0-2, 0-30 in Sharapova se guns het iets in die Belo-Rus se kop gekliek, en was sy skielik ’n ander speler.

Sy het elf van die volgende twaalf punte gewen, onder meer alles in Sharapova se tweede afslaanpot, om sake gelyk te maak, en vier potte later weer deurgebreek om op die voorvoet te kom.

Sy het die stel net vyf minute later haar eie gemaak.

Daarna het Sharapova kop verloor. Sy het ongedwonge fout op ongedwonge fout gemaak, en haar skouers het baie vinnig begin hang.

Azarenka het nie twee uitnodigings nodig gehad om dit uit te buit nie. In die tweede stel het sy 71% van die punte op haar eie eerste afslaan, en 75% van dié op Sharapova se eerste afslaan gewen, en net 36 minute nodig gehad om die trofee en groot wentjek hare te maak.

Haar reaksie was om op haar knieë neer te sak en met die woorde, “Ek kan dit nie glo nie”, na haar familie op te kyk.

“Wow,” het sy daarna aan die skare gesê, en toe begin giggel. En aan haar span het sy gesê: “Julle het my laat besef ek kan in myself glo en uiteindelik hierdie trofee lig.”

Dis die tweede keer in sewe maande dat Sharapova in ’n Grand Slam-eindstryd verloor, en nou reeds vier jaar sedert sy haar laaste groot titel in die Australiese Ope van 2008 gewen het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.