LJ uit aflosspan; SA hoop op Sunette, Caster

2012-08-04 23:16

Sunette Viljoen, die wêreld se nommer 1.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar is reeds vier medaljes in die sakkie vir Span Suid-Afrika op die Olimpiese Spele, maar dit beteken nie die spanlede wat vandeesweek hul kans op Olimpiese glorie kry, sal verskoon word as hulle laat slap lê nie.

Die land is honger vir meer ná ’n week vol vreugde oor die heldedade van Cameron van der Burgh, Chad le Clos en die liggewig-roeispan van Matthew Brittain, Sizwe Ndlovu, John Smith en James Thompson.

Nou is dit die beurt van Caster Semenya, Sunette Viljoen, die 4x400-aflosspan, die kanovaarder Bridgitte Hartley, die fietsryer Burry Stander en BMX-waaghals Sifiso Nhlapo om te wys van watter stoffasie húlle gemaak is.

Die negende dag van Olimpiese aksie skop vandag af met die vroue-marathon, waarin René Kalmer, Irvette van Blerk en Tanith Maxwell in die Groen-en-Goud in aksie is.

Daar het die land ’n teoretiese kans op ’n medalje, maar die ware geleenthede begin eers Dinsdag kom, wanneer Viljoen se spiesgooi-kompetisie begin.

Sunette het in Junie haar persoonlike beste tot ’n yslike afstand van 69.35 verbeter en tel met reg onder die gunstelinge vir spiesgooi-goud.

Sy het verlede jaar brons in die wêreldkampioenskappe gewen om te wys dat sy gemaklik is met die groot oomblik – en het in Londen opgedaag met konstante verbetering oor die afgelope vier jaar.

Sunette behoort Donderdagaand in die eindronde haar aanslag op goud van stapel te stuur.

Semenya se groot toets begin Woensdag, in die eerste ronde van die 800. Dié 21-jarige het haar staal al keer op keer gewys, met goud en silwer in die laaste twee wêreldkampioenskappe, wat vir groot optimisme oor haar kanse sorg.

Maar sy het vanjaar nog glad nie beïndruk nie, sodat daar ook ’n stewige dosis onsekerheid oor haar potensiaal is.

Die eindronde van die 800 vind aanstaande Saterdag plaas.

’n Vraagteken hang oor die medalje-kans van die SA mans-4x400-aflosspan, wat verlede jaar op die wêreldkampioenskappe ’n silwermedalje gewen het. Een van dié span se grootste sterre, LJ van Zyl, het gister per SMS laat weet dat hy uit die span “gedrop” is.

Dít, nadat hy nie die eerste ronde van die Olimpiese 400-hekkies kon oorleef nie.

Die SA span is nou Shaun de Jager, Ofentse Magawane, Oscar Pistorius en Willie de Beer. Sonder LJ kan die SA span sukkel.

Hartley is die wêreldrekordhouer in die K1-kanovaart oor 500 m en het dus ’n realistiese kans in dié nommer, wat Dinsdag begin.

’n Ewe goeie aanspraakmaker is Burry Stander, wie se kans op glorie in die bergfietsry volgende Sondag plaasvind, en Sifiso Nhlapo, wat in BMX-kringe beskou word as ’n gunsteling vir sukses in Vrydag se eindronde.

* Kliek hier vir vandag, Sondag 5 Augustus, se Olimpiese program en die Suid-Afrikaners wat vandag in aksie te sien is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Ander-kommentaar

Nico Eksteen sê... Glad nie. Dis net 'n kwessie van tyd dan is ons weer SA se topspan. Trotse Stormers ondersteuner, wen of verloor. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 9-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial manager

Centurion
Communicate Cape Town IT
R800000 - R1000000

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
R650000 - R750000

Team leader- Finance

Sandton
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.