Louis-hulle in katgeveg om titel

2012-01-07 23:09

Onkeerbaar: dié sandkuil kon Retief Goosen gister in Oos-Londen nie van ’n spog-ronde weerhou nie. Foto: Luke Walker/Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Oos-Londense windgode het uiteindelik laat gistermiddag van hul onkonvensionele langnaweek teruggekeer – maar nie voor dié kusstad se blinkste gholfjuweel nóg ’n lelike pak slae van die onsimpatieke groep spelers in vanjaar se Afrika Ope ontvang het nie.

Gister is sy boonop nie net deur een man aan die keel gegryp nie – die manne wat hier jag maak op die eerste Europese gholftitel van die nuwe jaar het saamgespan in ’n vernietigende aanslag, wat dosyne voëltjies opgelewer en die telbord met 18 putjies oor erg beknop gelaat het.

Die verdedigende kampioen, Louis Oosthuizen, en segelose veteraan Tjaart van der Walt begin vandag se laaste ronde in die binnebaan vir sukses, ná hulle die derde dag se aksie met hul tellings op 198 (21 houe minder as baansyfer) afgesluit het. Hulle is een hou voor nóg ’n voormalige kampioen, Retief Goosen, en twee voor die jong Engelsman Danny Willett.

Dié viertal is egter nie die enigstes wat vandag ’n kans op Afrika-glorie het nie. Richard Sterne, wat drie jaar gelede die baanrekord van 61 opgestel het en vandeesweek vir die eerste keer in elf maande in aksie is ná sy herstel van ’n rugbesering, het teen die telbord opgestorm met ’n foutlose 64 (-9), die beste ronde van die dag, en is vier houe agter die voorlopers in die vyfde plek.

Jaco van Zyl (67) en die Skotte Craig Lee (68) en Alastair Forsyth (68) deel die sesde plek op -16.

Duidelik wag daar vandag ’n bloedige katgeveg.

Oosthuizen, ’n bewese windspeler wat gister gesê het hy hoop vir ’n lekker sterk bries, sal vandag met hope selfvertroue afslaan ná hy bo-aan die telbord gebly het ondanks ’n dag waarop hy oninspirerende oomblikke gehad het.

Dié voormalige Ope-kampioen het ’n 67 op sy telkaart ingevul – ’n uitstekende telling ná ’n dag waarop hy meer in die lang gras as op die skoonveld was en sy skouers ’n paar keer onrusbarend gehang het.

Die laagtepunt was toe hy ’n swak kaphou tot agter ’n boom langs die skoonveld geslaan het. Dit het hom ’n hou gekos.

Soos die kampioen wat hy is, het hy egter teruggeveg en die dag afgesluit met drie voëltjies oor die laaste vier putjies.

Van der Walt, ’n 37-jarige Durbaniet wat in sy sestiende seisoen as beroepspeler is en ondanks aktiwiteit in die VSA, Asië en Suid-Afrika nog nooit ’n professionele titel kon wen nie, het gister lustig meegedoen aan die marteling van die Oos-Londense baan in ’n ronde van 65, wat nege voëltjies en ’n enkele brouhou opgelewer het.

Goosen se eerste sewe putjies het vyf voëltjies opgelewer, en ná die draaislag nóg twee in ’n foutlose uitstalling. Hy ken dié baan goed, en kan bitter gevaarlik wees.

***

Die gholfballetjie ken nie die verskil tussen die major-wenners en die segelose “derde wiel” in die groep nie – en gaan nie anders optree oor die reputasie van die man wat hom slaan nie.

Dís die houding waarmee Tjaart van der Walt vandag hier in die laaste ronde van die Afrika Ope een van die grootste uitdagings van sy loopbaan sal aanpak.

Van der Walt kom vandag voor enorme druk te staan, wanneer hy die eerste professionele titel van sy 16-jaar oue gholfloopbaan in die teenwoordigheid van die major-kampioene Louis Oosthuizen en Retief Goosen probeer wen.

Dié 37-jarige het gister se derde ronde in die voortou saam met Oosthuizen (68) afgesluit ná ’n kalm en beheersde ronde van 65 (-8). Hulle is ’n hou voor Goosen, wat ’n 66 aangeteken het.

Van der Walt het gister ook saam met dié duo gespeel, en hoop hy sal vandag ewe kalm as in daardie ronde wees.

“Ek het al gespeel – en kanse gehad – op die hoogste vlak, so ek word nie meer geïntimideer deur die groot name nie,” het Van der Walt gesê. “Ek kan nie beheer wat enige van die ander spelers doen nie, maar ek kan beheer hoe ék speel – en dis waarop ek (vandag) sal fokus.”

Oosthuizen, wat die toernooi verlede jaar met ’n telling van 16-onder gewen het, het gesê vanjaar se wenkerf sal waarskynlik nie veel swakker as -26 wees nie – ’n telling wat hy met ’n ronde van 67 sal bereik.

“As die wind waai sal die ouens wat so vier of meer houe agter is regtig sukkel om die voorlopers te vang, maar as dit weer windstil is, sal daar baie voëltjies wees en sal ’n lae telling noodsaaklik wees,” het Oosthuizen gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.