Moenie Bafana afskryf – Pienaar

2010-03-06 19:56

eduan.roos@sport24.com

Vir die volgende paar maande sal sy tokse nog die sokkervelde in Engeland deurtrap, maar Steven Pienaar se hart is reeds op die splinternuwe gras van Soccer City.

En wanneer die eerste fluitjie van die Wêreldbekertoernooi op 11 Junie blaas, sal dit “een van die spesiaalste dae” van dié uithaler-middelveldspeler van Everton en Bafana-talisman wees.

Pienaar (27) is een van agt Suid-Afrikaanse sterre wat nie gister saam met afrigter, Carlos Alberto Parreira, op die vliegtuig was na Brasilië, waar die Bafana Bafana hul voorbereiding vir die skouspel oor net meer as drie maande gaan voortsit, nie.

Dit kom nadat dié span die afgelope week byna skande gemaak het deur met 1-1 gelykop te speel teen ’n derderangse Namibiese span op die Moses Ma­bhida-stadion in Durban.

Pienaar en die Bafana se kaptein, Aaron Mokoena ­(Portsmouth), spook tans sake vir hul klubspanne in die Engelse Premierliga uit en kon nie beskikbaar gestel word om dié maand in vier oefenwedstryde teen Brasiliaanse klubspanne te speel nie.

Tsepo Masilela, Elrio van Heerden, Bernard Parker en MacBeth Sibaya moet ook húl laaste slypwerk in onderskeidelik Israel, Turkye, Nederland en Rusland doen, terwyl West Ham United se Benni McCarthy en Kagisho Dikgacoi van Fulham steeds op die krukkelys is.

“Dis jammer dat ons nie nou al by die res van die span kan wees nie, want ek kan nie meer wag vir daardie eerste wedstryd nie,” het Pienaar vandeesweek aan fifa.com gesê.

“Vir die meeste Suid-Afrikaners beteken sokker net soveel as die brood wat hulle elke dag eet en ons het nou die kans om vir die res van die wêreld te wys waartoe die land in staat is – ook óp die veld.”

Ondanks die Bafana se geploeter teen sy buurman, glo Pienaar steeds sy span kan verras wanneer hulle in die openingswedstryd teen Mexiko te staan kom.

“Die ervaring van die Konfederasiesbeker-toernooi sal ons baie help. Ons weet daardie eerste wedstryd sal nie maklik wees nie, maar ons wíl wen, aangesien dit dinge baie makliker kan maak vir die volgende twee wedstryde.”

Die Bafana pak Uruguay vyf dae later in Pretoria en die hoog-aangeskrewe Franse in hul laaste wedstryd in Groep A in Bloemfontein.

“Bloemfontein se ondersteuners is waarskynlik die beste in die land, maar ek sien die meeste uit na die eerste wedstryd op Soccer City,” sê Pienaar.

“Ek het grootgeword skaars tien minute van die (destydse FNB-)stadion af – en om daarheen terug te keer, sal een van die spesiaalste oomblikke in my lewe wees.”

En hy is lank reeds daaraan gewoond om die hemelhoë verwagtinge van ’n ganse land op sy smal skouers te dra.

“Ek dink nie mense verwag meer van my sedert ek vir ’n groot Engelse klub speel nie – dié druk was al in my eerste wedstryd daar. Wanneer jy vir Suid-Afrika speel, verteenwoordig jy byna 50 miljoen mense wat verwag dat jy moet wen.

“Ons sal alles moet gee en as ’n span moet saamspeel.”

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.