Netbal: Malawi eindelik getem

2012-12-29 23:17

APRIL:

Elize Kotze word heraangestel as afrigter van die nasionale span, ná ’n aanbeveling deur ’n spesiale paneel. Lana Krige word aangestel as haar assistent en as hoofafrigter van die Suid-Afrikaanse Fast5-span, met Kotze as haar assistent.

JUNIE:

Die Proteas verloor die eerste twee wedstryde van hul internasionale toetsreeks teen Jamaika in Jamaika, maar maak in die derde geskiedenis deur met 56-49 te seëvier. Dis Suid-Afrika se eerste toetssege teen die Sonskynmeisies in 45 jaar, met die vorige een in die Wêreldtoernooi van 1967.

JULIE:

Die nasionale span maak skoonskip in ’n toetsreeks teen Noord-Ierland in Kaapstad. Hulle wen die eerste toets met 61-37, die tweede met 66-42 en die derde met 58-52.

AUGUSTUS:

Noord-Gauteng word vir die derde agtereenvolgende jaar nasionale kampioen ná hulle Sentraal-Gauteng in die eindstryd met 60-41 troef. Die toernooi vind plaas sonder die Proteas-spelers, wat voorberei vir die Diamant-uitdaagtoernooi, sodat dié sege die diepte in Noord-Gautengse netbal onderstreep.

Suid-Afrika skop die Diamant-uitdaagtoernooi af met ’n onoortuigende sege van 55-26 oor Botswana.

Hulle word ook getoets in hul tweede wedstryd teen Zambië, maar seëvier met 47-34.

Die Proteas verloor met 42-47 teen Malawi, maar verseker nietemin dat hulle die volgende dag teen die einste span in die eindstryd van die toernooi in aksie sal wees.

Dis soete wraak, toe Suid-Afrika die Diamant-kroon verower deur Malawi in die eindstryd met 47-43 te troef.

OKTOBER:

Nieu-Seeland se Silver Ferns herinner Suid-Afrika hoe ver die Proteas nog agter die groot honde van wêreldnetbal is, toe hulle die spanne se eerste kragmeting van ’n Viernasiesreeks in Australië met 63-27 wen.

Die volgende dag val Suid-Afrika ook met 63-31 vas teen Australië.

Engeland klop die Proteas met 62-53 in die spanne se eerste kragmeting, ondanks die Suid-Afrikaners se beste vertoning van die reeks.

Die Viernasies-reeks verskuif na Nieu-Seeland, waar Suid-Afrika hul eerste kragmeting teen Australië met 36-68 verloor.

Die Silver Ferns troef Suid-Afrika weer, dié keer met 63-24.

Die Proteas sluit die reeks af met hul teleurstellendste vertoning en verloor met 30-56 teen Engeland.  

NOVEMBER:

Die Proteas skop die Fast5-wêreldtoernooi op uitmuntende wyse af deur Jamaika in hul eerste wedstryd met 34-25 te klop. Hoewel hulle kort daarna met 27-41 vasval, is dit duidelik dat dié korter, vinniger weergawe van die spel een is waarin Suid-Afrika kan uitblink.

Op die tweede dag van dié kompetisie reken Suid-Afrika met 28-27 af met ’n jong Australiese span, maar ’n loesing van 19-52 plaas hulle onder druk om vir die halfeindronde te kwalifiseer. Hulle hak die knoop egter deur toe hulle die ou vyand, Malawi, met 48-34 slag.

Hulle val in die halfeindronde met 39-15 vas teen Engeland, maar eindig nietemin derde ná hulle Jamaika in hul laaste wedstryd met 38-34 klop. Dis Suid-Afrika se beste vertoning in ’n wêreldtoernooi sedert hulle in die Wêreldbeker van 1995 tweede was.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Morning clouds. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.