Nr. 4 in visier

2012-10-07 00:28

Branden Grace gister by die tweede putjie van die Carnoustie-gholfbaan in Skotland, waar hy sy stormloop na die Alfred Dunhill Links-titel met ’n ronde van 69 voortgesit het.| Foto: getty

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die pad na Europese titel nommer vier is vandag in goud geplavei vir George se Branden Grace, ná hy gisteraand met ’n gerieflike voorsprong van vier houe in die Alfred Dunhill Links-toernooi gaan slaap het.

Grace het ’n taai Saterdag op die uitdagende Carnoustie-baan in Skotland gehad, met sy tweede enkele brouhou van die toernooi én ’n dubbele brouhou wat sy telkaart bederf het. Tog was ’n ronde van 69 (drie houe minder as baansyfer) genoeg om sy totaal na 20-onder te neem en sy neus voor te hou.

Die Deen Thorbjorn Olesen is tweede.

Die 24-jarige Grace het die hoogtepunte die afgelope week ingeryg. Eers het hy Donderdag die Europese rekordtelling van 60 by Kingsbarns geëwenaar en Vrydag by St. Andrews ’n 67 bygevoeg om met ’n halfpadmerk-totaal 17-onder net een swakker as Ernie Els se algehele Europese 36 putjie-rekord van -18 te lê.

Sy derde ronde gister by Carnoustie – die moeilikste van die drie bane – het bemoedigend begin met twee voëltjies oor die eerste vier putjies, maar ’n brouhou by die negende het sy voorsprong tot net drie gesnoei en sy teenstanders hoop gegee.

Met drie voëltjies tussen die twaalfde en veertiende putjies het dit weer gelyk of hy sou weghardloop met alles, voor ’n dubbele brouhou by die vyftiende die deur vir die res van die veld oopgemaak het.

Dié fout ten spyt was dit steeds ’n dag waarmee Grace tevrede kon voel, met ’n paar goeie houe wat hom gehelp het om sy ystergreep op die gesogte titel te behou.

Grace het vanjaar reeds drie keer in die Europese reeks gewen – twee keer in Suid-Afrika en ook in China – en verlede week ook op Fancourt in George ’n Sonskynreeks-titel opgeraap.

Wen hy vandag by St. Andrews sal hy ’n merkwaardige vyfde titel vir die jaar in die sakkie hê. Vir ’n man wat twaalf maande gelede in besit van ’n enkele beroepstitel was, is dit verstommend.

* Els, die heersende Britse Ope-kampioen, was gister in aksie by St. Andrews en het dié baan bloedneus geslaan.

Die Big Easy het ’n 65 (sewe houe minder as baansyfer) op sy telkaart ingevul om van 136ste ná twee dae tot 28ste op te skuif. Onder die hoogtepunte van sy dag was ’n arend by die syfer-4 twaalfde putjie. Daarbenewens het hy ook ses voëltjies en ’n brouhou aangeteken.

Slegs die Argentyn Ricardo Gonzalez (63) het ’n beter dag as Els gehad.

Die Johannesburger Anton Haig is agt houe agter Grace in die negende plek ná ’n 72 op Carnoustie.

Charl Schwartzel het ’n goeie 66 op St. Andrews aangeteken om die afsnypunt te oorleef, maar sy goeie vriend Louis Oosthuizen – die wenner van die laaste Britse Ope wat op dié baan beslis is – het die afsnypunt gemis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.