Nr. 86 se voet!

2013-01-05 23:22

Dis ’n nuwe era vir Bafana Bafana – en hul swak ranglys-posisie in Afrika en die wêreld gaan nie ’n invloed hê op hoe die span in die komende Afrikabeker-sokkertoernooi vaar nie.

Só sê Bafana Bafana se afrigter, Gordon Igesund, oor sy span se poging om die toernooi, wat vanjaar in Suid-Afrika aangebied word, die eerste keer sedert 1996 te wen.

“Die span het die potensiaal om die toernooi te wen. Hulle weet wat op die spel is – en dis tyd dat ons ons eie geskiedenis skep. Die spelers lyk honger vir die toernooi.”

Suid-Afrika lê tans 86ste op die wêreldranglys en 21ste in Afrika – maar volgens Igesund sal dit nie tel wanneer die toernooi op 19 Januarie in die nasionale stadion in Johannesburg teen die Kaap Verdiese Eilande afskop nie.

“Ons het genoeg talent in Suid-Afrika om tussen die voorste vier lande in Afrika te wees én die voorste 20 lande in die wêreld. Ons moet nie nou na die ranglys kyk nie. Dis ’n heel nuwe tydvak vir Bafana Bafana. Ons begin weer oor.

“Jy sal sien daar gaan nog baie veranderinge in die rang­lys wees ná die toernooi.”

Die SA span is tans in die Moederstad vir ’n opwarmwedstryd Dinsdag teen Noorweë.

Bafana Bafana speel ook Saterdag in die Orlando-stadion ’n laaste vriendskaplike wedstryd teen Algerië, die naasbeste sokkerland in Afrika.

“Dit sal nie sleg wees as ons gelykop speel of verloor in die vriendskaplike wedstryde nie,” het Igesund gesê.

“Dis nou die tyd om ’n paar kombinasies te toets eerder as om dit later teen die Kaap Verdiese Eilande tydens die toernooi te doen.

“Natuurlik is seges belangrik in die aanloop tot die toernooi, maar dis beter om nóú die kanse te waag.”

Vir hom is dit ook nie net belangrik om die openingswedstryd van die toernooi te wen vir die allerbelangrike 3 punte nie, maar ook om die tuisskare vanaf die eerste wedstryd agter Bafana Bafana te kry.

“As jy ’n passievolle 60 000 mense het wat hul vuvuzelas blaas, beteken dit baie vir die span – en ek dink nie mense besef dit aldag nie.”

Hy erken dat hy met die insluiting van sekere spelers in die 23-man-groep ’n kans gewaag het.

Twee spelers waarmee hy gewaag het, is die middelveldspeler Thulani Serero van Ajax Amsterdam (liesbesering) en die doelskieter Katlego Mphela van Mamelodi Sundowns (knie).

Mphela het die laaste drie wedstryde vir sy klub gespeel terwyl Serero, wat die afgelope paar maande met ’n liesbesering sukkel, eers onlangs herstel het. Igesund is egter vol vertroue dat albei op 19 Januarie ingespan kan word.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 9-19°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 6-15°C Sunny. Cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-22°C Sunny. Mild. PE: 10-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!