Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Otto kóók

2010-02-27 22:25

Hennie Otto

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

marizanne.kok@sport24.co.za

Hennie Otto het sy opmars na Sonskyntoer-titel nommer 9 gister by die Pretoria-buiteklub voortgesit, toe hy die derde ronde van die Vodacom-kampioenskap in 67 houe (vyf minder as baansyfer) voltooi het.

Otto het die gholfbaan Vrydag in die tweede ronde behoorlik bloedneus geslaan om ’n nuwe baanrekord van 61 op te stel en die Sonskyntoer se rekord vir die laagste telling ná 36 putjies tot 126 houe verbeter.

Gister het alles nie heeltemal só klopdisselboom gegaan nie – daarvan getuig die drie brouhoue op sy telkaart – maar hy het sy neus steeds gerieflik voor sy naaste teenstander, die Bloemfonteiner Jbe’ Kruger, gehou deur keer op keer te herstel van teëspoed.

Kruger het ’n 66 gespeel om Otto se voorsprong met een hou te snoei, en daar is geen twyfel nie dat hy vandag alles sal insit om die verskil van vier houe tussen hulle uit te wis.

Hy sal egter ontevrede wees dat hy nie nader aan Otto is nie. Ses voëltjies is nie te versmaai nie, maar Kruger het talle kanse vir selfs meer voëltjies verbrou.

Otto het ’n goeie dag gehad met die drywer in die hand en net by een putjie van die bof af droog gemaak. Dit was by die derde putjie, waar hy sy bofhou ver regs en in lang gras geslaan het.

Hy kon nie daarvan herstel nie en het ’n hou afgestaan, maar daarna was hy meer solied.

Brouhoue het gevolg by die elfde putjie – waar hy ongelukkig was dat sy balletjie in dik gras begrawe was – en die dertiende.

Daar het hy vir ’n paar minute sy humeur verloor. Sy bal het op die rand van ’n sandkuil beland en hy het gesukkel om sy balans te hou. Toe hy boonop sy langerige sethou kort speel het sy lip gehang.

’n Skitterende dryfhou by die kort veertiende putjie het sy bui egter gelig. Dit het aan hom sy eerste van drie voëltjies oor die laaste vyf putjies besorg.

“Dit was ’n goeie dag en ek is baie tevrede met die 67. Ná ’n ronde soos (Vrydag s’n) is ’n 72 dikwels ’n goeie telling, so ek het niks om oor te kla nie,” het Otto gesê.

“Die enigste fout wat ek vandag gemaak het was by die derde putjie. Ek het bloot ’n swak bofhou gespeel en is daarvoor gestraf. Maar daarna was ek solied. Dit was net by die dertiende dat ek ’n bietjie geïrriteerd geraak het, maar my joggie (Cliffie Botha) het gesê ek moet onthou dis hoe dit in gholf gaan.”

Kruger se 66 was een van die beste rondes van die dag en het sy veggees goed tentoongestel.

Die jong Vrystater is een van daardie spelers wat nooit moed opgee nie en hy het in die middel van gister se ronde alles reg gedoen om by Otto by te bly.

Die verskil tussen die duo is in ’n stadium tot drie houe gesny. Dit was Kruger se beloning vir ’n wonderlike vertoning van die bof af en veral op die skoonvelde. Dit was egter sy setwerk wat hom in die steek gelaat het. Al het hy die bal telkens naby die blikkie gekry, kon hy te veel kere nie daarop kapitaliseer nie.

- Rapport

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ASSISTANT MANAGER: PRODUCT ENGINEERING

Gauteng
MultiChoice Africa

Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R390,000-440,000 Per Annum Cost To Company

Senior Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-580,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 210,000.00

MERCEDES-BENZ

E 320 CDI
2005
R 209,995.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2009
R 145,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...