Paralimpiese Spele: Inspirasie vir die nasie

2012-08-25 23:57

Natalie du Toit, wat in die Paralimpiese Spele in Londen aan sewe items gaan deelneem. | Foto: Cameron Spencer/Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die lem-naelheld, Oscar Pistorius, sal Woensdagaand in Londen met die opening van die Paralimpiese Spele die Suid-Afrikaanse vlag dra, maar die span se hoop sal op dié Spele weer op die breë skouers van die swemmer Natalie du Toit rus.

Die 28-jarige Kapenaar, wat aan haar derde Paralimpiese Spele deelneem, hoop om dié keer sewe medaljes huis toe te bring. Sy tree ná die Spele uit.

Natalie, wat Suid-Afrika ook al op die Olimpiese en Statebondspele verteenwoordig het, spog reeds met tien goue Paralimpiese medaljes.

Met die vorige Paralimpiese Spele – vier jaar gelede in Beijing – het die Suid-Afrikaners altesame 30 medaljes verower.
Hiervan was 21 goud.

Pistorius, wat ook aan die pas afgelope Olimpiese Spele deelgeneem en daar die verbeelding aangegryp het, sal probeer om in die 100, 200 en 400 met die louere weg te stap. Hy het agt jaar gelede in Athene as 17-jarige Pretoriase skoolkind in die Paralimpiese Spele die die wêreld die eerste keer van hom laat kennis neem.

Hoewel hy met die Olimpiese Spele baie aandag getrek het, sal hy waarskynlik met die Paralimpiese Spele nie so baie op die voorgrond wees nie – omdat hy dié keer net een van sowat 4 200 gestremdes uit 166 lande is wat aan 18 sportsoorte deelneem.

’n Rekord 1 513 vroue neem deel.

Die Suid-Afrikaanse span van 62 atlete het vandeesweek reeds sy intrek in die Paralimpiese deelnemersdorp in die ooste van Londen geneem en begin voorberei vir dié skouspel, waarvoor sowat 2,3 miljoen kaartjies reeds verkoop is.

Die Spele duur tot 9 September.

Die Britte het beloof dié Spele sal net so skouspelagtig wees soos die pas afgelope Spele in dieselfde stad.

Daar is Maandagaand in Sandton amptelik van die span afskeid geneem.

Die Olimpiese kampioen en wêreldrekordhouer Cameron van der Burgh was die gasspreker, terwyl die kanovaarder Bridgitte Hartley, ’n bronsmedaljewenner in Londen, ook daar was om die span sterkte toe te wens.

Van der Burgh het gesê die Paralimpiese span is ’n inspirasie vir die nasie en hy hoop die span doen goed.

Pieter Badenhorst, chef de mission (hoofspanbestuurder), het op sy beurt gesê die Paralimpiese span is aangespoor deur die goeie vertonings van die Olimpiese span.

Badenhorst, wat self as naelloper aan drie Paralimpiese Spele deelgeneem het, het gesê dit is baie moeilik om te voorspel hoeveel medaljes sy span dié keer sal huis toe bring.

“Die gehalte van Paralimpiese atlete word jaar ná jaar beter en die teenstand daarom al hoe beter.”

Buiten Pistorius en Du Toit, kan die atlete Fanie van der Merwe, Hilton Langenhoven en Teboho Mokgalagadi; die swemmers Charl Bouwer, Shireen Sapiro en Kevin Paul; Philippa Johnson (perdry) en die veteraan Ernst van Dyk (fietsry) ook hul stempel afdruk.

Gideon Sam, president van die SA Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), het gesê hy hoop dat wanneer die vlam van die Paralimpiese Spele op 9 September geblus word, die vreugdevure in Suid-Afrika aangesteek sal word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-27°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.