Pietie ruk SA gou reg

2013-01-27 00:04

Marsha Marescia die afgelope week in aksie teen België. Foto: Jaco Marais

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan het hul aaklige toetsreeks verlede week teen België reeds in die asblik gegooi en vergeet – alles danksy die selfvertroue-inspuiting wat die terugkeer van hul twee grootste supersterre hulle die afgelope week besorg het.

Fabian Gregory, die Proteas se hulpafrigter, het Vrydag behoorlik geborrel oor die verskil wat die hotklou-doelskieter Pietie Coetzee en inspirerende kaptein Marsha Marescia aan die land se hokkietrots gemaak het.

Waar hulle die jaar sonder Coetzee en Marescia afgeskop het met ’n toetsreeks-nederlaag van 4-0 teen België, het hulle die Kaap daarna laat jubel deur Ghana met vier doele te verslaan en die Belge danksy ’n Coetzee-driekuns met 3-2 te klop.

Met haar doelhonger duidelik nog nie bevredig nie, het die Bloemfonteinse kanonpoot haar wêreldrekord aan internasionale doele Donderdag tot 253 geneem, in haar 256ste toets.

Twee dae voor dit het Marescia teen Ghana net die tiende speler in wêreldhokkie geword wat in haar 300ste toets uitgedraf het.

“Dis merkwaardig hoe haar spanmaats aansteek by Pietie se selfvertroue. Die sleutelrol wat sy en die doelwagter Sanani Mangisa die afgelope week gespeel het, het die res die ruimte gegee om ook hul peil te lig,” het Gregory gesê.

“Dit alles is goeie tekens met die oog op aanstaande maand se Investec-uitdaagtoernooi hier in Kaapstad, waar ons spanne soos Nederland, die Olimpiese kampioen, sal probeer tem.”

Die reeks teen België is gekenmerk deur ’n frustrerende onvermoë om af te rond en algehele tandloosheid by strafhoeke.

Coetzee het dit egter in die Wêreldliga-stryd teen die Belge onmiddellik verander.

“Ons het 25 strafhoeke gemis in die reeks teen België, maar toe kom Pietie en skep drie van die vyf in die wedstryd (Donderdag) om in punte. As daar een speler is wat jy laat in die wedstryd voor die doelhok wil sien met ’n kans om die doelwagter te klop, is dit Pietie. Sy floreer onder druk.”

Die Proteas het gister ná druktyd te staan gekom teen Azerbeidjan in hul voorlaaste Wêreldliga-wedstryd en durf Oostenryk vanaand aan.

As hulle albei wen, is hulle die toernooi se kampioene en kwalifiseer vir die Wêreldliga-halfeindronde in Europa in Junie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Ander-kommentaar

Johan Jordaan sê... Ek is n groot Bul ondersteuner en het net een probleem met die span Hougardt moet as inpak speler op kom en die Bulle wil soms nog te veel stampkar rugby speel ons het die spoed wyd gebruik daai spelers en speel skeppende hardloop rugby as die Bulle daai kan reg kry wen hulle beker die jaar Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 11-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.