Proteas: Dié keer is ons reg vir Kiwi’s

2012-10-13 22:52

Amanda Mynhardt

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Suid-Afrikaanse netbalspan het vandag ’n steil bult om te klim wanneer hulle die wêreld se naasbeste span, Nieu-Seeland, in hul eerste toets van ’n Viernasies-reeks Doer Onder pak.

Maar, het die span se afrigter, Elize Kotze, die afgelope week gesê, dis ’n bult wat hulle met groot opgewondenheid en baie moed gaan aandurf.

Die Proteas het Maandag na Australië gevlieg vir die eerste ronde van die reeks, waarin hulle teen die wêreld se drie voorste spanne – Nieu-Seeland, Australië en Engeland – te staan kom.

Die tweede ronde vind later vandeesmaand in Nieu-Seeland plaas.

Die SA span pak die Kiwi’s vanoggend om 7:40 en het in hul voorbereiding heelwat geleun op die insae van hul kaptein, Amanda Mynhardt, wat amateur-netbal in Nieu-Seeland speel. Mynhardt het die afgelope week aan die webblad Netball Scoop gesê sy is danksy dié ervaring ’n beter speler as voorheen.

“Dit het my oë oopgemaak vir ’n heel nuwe wêreld,” het sy gesê. “As ek terugkyk na ’n jaar gelede en dit vergelyk met nou voel ek soos ’n veel beter speler. Terug in Suid-Afrika besef hulle ook dat die waardevolle ondervinding wat ek hier opdoen, gedeel kan word met my spanmaats by die huis.”

Mynhardt het gesê daar is ’n ongelooflike atmosfeer in die Protea-kamp. “Die meisies is so opgewonde en honger om op die baan te kom en te speel.”

Die laaste keer dat die Proteas teen Nieu-Seeland te staan gekom het, op verlede jaar se Wêreldkampioenskap, het hulle met 58-28 afgetjop. Vyftien maande later is hulle egter ’n ander span, danksy ’n seisoen wat heelwat hoogtepunte opgelewer het – vernaam belangrike seges oor Jamaika en Malawi.

“Ons was vir een kwart mededigend toe ons verlede jaar teen Nieu-Seeland gespeel het, maar ons wil graag glo dat ons intussen verbeter het en die wêreld nou baie warmer vir hulle kan maak,” het Kotze gesê.

Die wedstryd word vanoggend om 7:40 op SS6 en SSHD4 uitgesaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.