Proteas is tjok en blokvol ervaring

2012-01-28 23:14

Marsha Marescia, kaptein van die SA vrouehokkiespan. | Foto: christiaan kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die mededinging om plekke in die nasionale vrouehokkiespan is nou so straf dat spelers met die ervaring van meer as 50 internasionale wedstryde onder dié is wat nie in die groep vir aanstaande maand se Olimpiese kwalifiseringstoernooi in Delhi ingesluit is nie.

Die nasionale afrigter, Giles Bonnet, het Vrydag die name van die 18 vroue wat die Groen en Goud in Delhi sal dra, aangekondig. Ingesluit in dié groep, wat teen Indië, Kanada, Italië, Pole en die Oekraïne te staan sal kom vir ’n plek in die Spele, is 11 Olimpiërs. Saam het die spelers 2 112 toetse op hul kerfstok – ’n gemiddeld van 117 wedstryde per speler.

Hulle is gekies uit 35 spelers wat oor die afgelope twaalf maande deel gevorm het van Bonnet se planne, en was sedert die begin van 2011 in meer as 100 toetse betrokke.

“Dit was ’n moeilike proses (om die groep te verklein, want elke speler is totaal toegewyd tot die opbou van SA hokkie, en daar is geen tekort aan entoe­siasme nie,” het Bonnet gesê.

“Maar ons moes 18 spelers ­uitsonder op grond van hul ­huidige spelpeil – eerder as op talent en reputasie – en in die proses het spelers met meer as 50 toetse nie die jawoord gekry nie. Een van die spelers wat byvoorbeeld uitgelaat is, is ’n 22-jarige wat die derde vinnigste tot dusver by 50 wedstryde uitgekom het.”

Bonnet is vir die afgelope 18 maande in beheer van die nasionale span, en het sy spelers in dié tydperk behoorlik gedril om hulle gereed te kry vir die Olimpiese Spele.

Net in die afgelope jaar het hulle in die omgewing van 100 toetswedstryde gespeel, en het Bonnet ’n verbetering in die spelers se houding tot hul sport, hul selfvertroue en basiese vaardighede te weeg gebring.

Maar, het die afrigter Vrydag gesê, die span is hoegenaamd nog nie op die vlak wat hy vir hulle in die vooruitsig stel nie.

“Nee, beslis nie – ons is veel meer ambisieus as dit.

“Ons is byvoorbeeld vir die afgelope dekade tussen tiende en twaalfde op die wêreldranglys. Ons wil beter as dit hê.

“Ons het reeds baie werk ingesit, en ’n paar dinge het baie verbeter, maar ’n mens kan nie alles op een slag doen nie, en daar is steeds baie om te doen.”

Die afspraak in Indië is hul belangrikste sedert Bonnet die leisels geneem het – waarskynlik belangriker as die Spele self – maar die kaptein Marsha Marescia het die versekering gegee dat die spelers mekaar nou goed genoeg ken en nie in hul vermoë om te wen twyfel nie.

* Die groep vir Delhi is: Marsha Marescia (k), Ma­riette Rix, Vuyisanani Mangisa, Kate Woods, Lauren Penny, Shelley Russell, Dirkie Chamberlain, Lisa Deetlefs, Pietie Coetzee, Lesle-Ann George, Nicolene Terblanche, Lenise Marais, Kathleen Taylor, Bernadette Coston, Kim Hubach, Jade Mayne, Tarryn Bright, Sulette Damons.

* Die Proteas het die laaste fase van hul voorbereiding vir Delhi gister in Randburg met ’n sege met 1-0 oor Ierland afgeskop.

Pietie Coetzee het ’n strafdoel in die sewende minuut laat tel om die Proteas se drienasiesreeks teen Ierland en België op ’n hoë noot te begin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.