Robbie onttrek aan Tour de France

2012-07-07 22:45

Robbie Hunter

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Suid-Afrika se Robbie Hunter het hom gister hier aan die Tour de France onttrek.

Die Garmin-jaer is voor die begin van die sewende skof deur seer rugwerwels gedwing om die handoek in te gooi nadat hy tydens eergister se sesde skof in ’n ongeluk sowat 26?km vanaf die eindstreep betrokke was.

“Ek sukkel om te loop, wat nog te sê van fietsry,” het Hunter die slegte nuus op Twitter aan sy volgelinge oorgedra.

Hunter se onttrekking het die aantal jaers wat tot dusver reeds tou opgegooi het, op sestien te staan gebring.

Intussen het die Tour-gunsteling, die Brit Bradley Wiggins, gister na afloop van die sewende skof die nuwe draer van die geeltrui geword.

Wiggins se Sky-spanmaat Christopher Froome het die skof gewen, met verlede jaar se kampioen, Cadel Evans, tweede oor die endstreep, gevolg deur Wiggins.

“Dit is ’n wonderlike dag vir die span,” het Wiggins gesê nadat hy die geeltrui by die RadioShack-jaer Fabian Cancellara afgeneem het.

Talle van die Radio-Shack-spanlede, onder wie Cancellara en ander groot name soos Frank Schleck, Andreas Kloden en Chris Horner, is vroeg deur Wiggins en sy spanmaats afgeskud en kon nie aan die einde terugveg en verhoed dat die Sky-span die skof en geeltrui inpalm nie.

- AFP

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!