Roger leer Tomic’n les

2013-01-20 02:01

Roger Federer Foto: Quinn Rooney | Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Australië se laaste hoop op ’n tuiswenner in vanjaar se Australiese Ope is gister wreed verydel, toe ’n dapper Bernard Tomic ondanks sy beste pogings in skoon stelle teen Roger Federer vasgeval het.

Die 20-jarige Aussie het gister ’n enkele geleentheid gehad om deur te breek op sy meer geroemde teenstander se afslaan, en ten spyte van blink spel in veral die tweede stel steeds met 6-4, 7-6 (7/5), 6-1 vasgeval.

Ná sy indrukwekkende spelpeil in die Hopmanbeker in Sydney, waarin hy in tien wedstryde onoorwonne gebly het, het Tomic en die ganse Australië oorgeloop van selfvertroue oor sy kanse teen Federer.

Dit was egter gou duidelik dat die Switser ander idees gehad het.

Hy het sommer met die intrapslag op Tomic se afslaan deurgebreek en was ondeurdringbaar op sy eie afslaan.

Daarby het hy steeds ’n geniale vermoë om voorarmhoue op die tiekie te plaas en het hy Tomic ook met die rughand ’n paar keer wind laat jaag.

Die jongeling het ná die wedstryd erken dat die aankondiging van al Federer se vele prestasies oor die jare hom in die eerste stel ontsenu het.

Tot sy krediet was hy in die tweede stel meer in beheer van sy emosies en hoewel Federer hope kanse gehad het om op sy afslaan deur te breek, het Tomic elke keer sterk gestaan.

Die heel beste waartoe hy in staat is, is telkens uitgestal wanneer hy met die rug teen die muur was – en sy heel beste was inderdaad indrukwekkend.

Tog was dit nie genoeg nie. Hy het ’n voorsprong van 4-1 in die valbylstryd geneem, maar het daarna sy fut verloor en kon net toekyk hoe Federer beheer van die stryd terug geneem het.

Die derde stel was eensydig, met Federer op sy vernietigende beste.

Dis kristalhelder dat hy steeds die wapens het om aanstaande Sondag ’n vyfde Australiese Ope-kroon te wen.

Andy Murray, teen wie Federer waarskynlik in die halfeindronde te staan gaan kom, het gister winderige toestande en ’n taai Litause teenstander te bowe gekom om op koers te bly. Murray, die heersende Amerikaanse Ope-kampioen, het Ricardas Berankis met 6-3, 6-4, 7-5 verslaan.

Hy moes hard werk en was in ’n stadium onder genoeg druk om sy humeur teenoor sy span in die paviljoen te verloor, maar het hom reggeruk om veilig na die ronde van 16 deur te dring.

Sy teenstander daar is die Fransman Gilles Simon, wat ’n taai vyfstel-stryd teen sy landgenoot Gael Monfils met 6-4, 6-4, 4-6, 1-6, 8-6 gewen het.

Dinge verloop in dié stadium klopdisselboom vir die Franse, met Jo-Wilfried Tsonga wat Slowakye se Blaz Kavcic in skoon stelle geklop het en Jeremy Chardy wat vir die grootse opskudding van die week gesorg het toe hy Juan Martin del Potro in vyf stelle uitgeskakel het.

Die eerste gekeurde vrou, Victoria Azarenka, moes gister al haar talente inspan om ’n begeesterde Jamie Hampton met 6-4, 4-6, 6-2 te klop.

Azarenka het onder meer haar raket gegooi terwyl sy in die tweede stel teen die Yank afgetjop het. Serena Williams het gister in haar tweede stel teen Ayumi Morita vir die eerste keer in die toernooi ’n afslaanpot verloor, maar teruggeveg om met 6-1, 6-3 te seëvier.

Daar was ook vreugde vir die Deen Caroline Wozniacki, wat Lesia Tsurenko in skoon stelle verslaan het, en vir die Amerikaner Sloane Stephens, wat die Britse tiener Laura Robson uitgeskakel het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-18°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-14°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R1200000 - R1700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.