SA jubel oor goue Le Clos

2012-12-29 23:17

Chad le Clos. Foto: Al Bello, Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

APRIL:

Chad le Clos oortref die Olimpiese A-kwalifiserende vereiste in die 400- individuele wisselslag met meer as twee sekondes – en verower in die proses goud op die SA kampioenskappe.

Le Clos kwalifiseer oor die loop van die SA kampioenskappe ook om in Londen aan die 200-vryslag, 200-vlinderslag, 100-vlinderslag en 200- individuele wisselslag deel te neem.?

Kathryn Meaklim bespreek ook haar kaartjie na Londen in die 400- individuele wisselslag, ná sy haar beste tyd sedert die Olimpiese Spele van 2008 opstel.

Cameron van der Burgh kwalifiseer vir die Spele deur ’n subminuut-tyd van 59.90 in die 100-borsslag op te stel.

Die Paralimpiese ster Kevin Paul oortref die wêreldrekords in die 100-borsslag (SB9) en 200-borsslag (S10) met meer as vyf sekondes.

Roland Schoeman maak seker van sy vierde verskyning op ’n Spele deur goud in die 50-vryslag te wen.

JULIE:

Van der Burgh stel ’n nuwe SA, Afrika- en Olimpiese rekord van 58.83 in die 100-borsslag op om te kwalifiseer vir die Olimpiese eindronde. Dis die eerste keer dat dié borsslag-breker dié item in minder as 59 sekondes voltooi.

Van der Burgh bewaarheid sy droom van Olimpiese goud – en in ’n wêreldrekordtyd – toe hy die eindronde van die 100-borsslag in 58.46 wen. Hy slag die vorige rekord met twaalf honderdstes van ’n sekonde.

Le Clos kwalifiseer vir die eindronde van die 200-vlinderslag ná hy die Afrika-rekord in die halfeindronde verbeter.

AUGUSTUS:

Le Clos wen Suid-Afrika se tweede goue medalje van Londen 2012 toe hy die super-Olimpiër Michael Phelps in die eindronde van die 200-vlinderslag met vyf honderdstes van ’n sekonde troef.

Le Clos word die eerste SA swemmer sedert hertoelating wat vir vier eindrondes in ’n Spele kwalifiseer, toe hy sy plek in die laaste agt in die 200- individuele wisselslag bespreek. Hy neem egter nie aan die eindronde deel nie. ?

Le Clos wen silwer in die 100-vlinderslag, nadat hy die SA rekord tot 51.44 verbeter. ?

Natalie du Toit skop die laaste Paralimpiese Spele van haar loopbaan af met goud in die 100-vlinderslag (S9).

Die sig-gestremde Matie-student Hendri Herbst wen brons in die 100-vryslag (S11).

SEPTEMBER:

Die Kapenaar Achmat Hassiem, wat ’n been in ’n haai-aanval verloor het, wen brons in die 100-vlinderslag (klas S10) in ’n nuwe Afrika-rekordtyd van 57.76.?

Die Stellenbosse teologie-student Charl Bouwer wen goud in die 50-vryslag (S13) en voeg deur die loop van die week ook silwermedaljes in die 100-vryslag en 100-rugslag by. ?

Du Toit verower die tiende Paralimpiese goue medalje van haar loopbaan, toe sy die 400-vryslag met meer as tien sekondes wen.

Shireen Sapiro eindig derde en stel ’n nuwe Afrika-rekord op in die eindronde van die 100-rugslag (S10).

Du Toit se Paralimpiese veldtog eindig met goud in die 200- individuele wisselslag en silwer in die 100-vryslag.?

Kevin Paul wen silwer in die 100-borsslag (SB9-klas).

OKTOBER:

Darian Townsend, Le Clos en Van der Burgh blink uit in die kortbad-Wêreldbekerreeks se eerste byeenkoms in Dubai. Townsend wen twee goue medaljes, in die 200-vryslag en 200- individuele wisselslag. Van der Burgh verower goud in die 50-borsslag en 100-borsslag en Le Clos is baas in die 200-vlinderslag en 100-vlinderslag (met ’n nuwe Afrika-rekord in laasgenoemde). Kathryn Meaklim wen brons in die 400- individuele wisselslag.

Op die tweede byeenkoms, in Doha, klop Van der Burgh sy landgenoot Roland Schoeman om goud in die 50-borsslag. Schoeman betree later self die boonste trappie van die podium, ná hy die 50-vlinderslag wen. Le Clos eindig derde in dié item en wen later die 200-vlinderslag en 100-vlinderslag. Van der Burgh (100-borsslag) en Townsend (200- individuele wisselslag) voeg verdere goud by.

NOVEMBER:

In die laaste vyf byeenkomste van die Wêreldbekerreeks is Townsend die ster. Hy sluit die reeks af met ’n totaal van 23 medaljes (10 goud, 6 silwer, 7 brons) in agt byeenkomste.

DESEMBER:

Le Clos oorkom siekte en ’n skouerbesering om in Turkye as kortbad-wêreldkampioen in die 100-vlinderslag gekroon te word. Twee dae later wen hy ook silwer in die 50-vlinderslag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.