SA pak China, Aussies in swembad

2012-02-18 22:54

Suid-Afrika se voorste swemmers sal die eer van die reënboogvlag aanstaande jaar in ’n drienasies-reeks teen Australië en China verdedig.

Shaun Adriaanse, uitvoerende hoof van Swem Suid-Afrika (SSA) het die afgelope week aan Rapport gesê die swemliggame van dié drie lande het verlede jaar ’n ooreenkoms gesluit waarvolgens hul beste swemmers vir die volgende drie jaar teen mekaar sal deelneem. Altesame 40 Suid-Afrikaners sal in Januarie 2013 na Perth reis vir dié nuwe uitdaging. Die kompetisie sal ook in 2014 en 2015 plaasvind en volgens Adriaanse word steeds gewik en geweeg oor 2016, omdat dit ’n Olimpiese jaar is.

“Dis ’n wonderlike geleentheid vir ons, want dit gee ons heel beste swemmers nóg ’n kans om teen wêreldklas-teenstanders deel te neem – én ons kan belowende jongelinge stuur om ervaring op sulke taai kompetisies op te doen,” het Adriaanse gesê. “Ons sal ’n volsterkte span daarheen stuur en dit kan ’n belangrike deel uitmaak van ons opbou na die Olimpiese Spele van 2016.”

Die Chinese en Australiërs is albei ysters in die swemwêreld. China het op verlede jaar se wêreldswembyeenkoms in Shanghai tweede geëindig, danksy sy vyftien goue medaljes.

Hoewel die Aussies nie meer so sterk is as ’n paar jaar gelede nie, het hulle steeds 16 medaljes in Shanghai verower en algeheel sewende geëindig.

Intussen het Adriaanse bevestig dat hulle in gesprek is met Telkom, SSA se borg van die afgelope vyftien jaar, om hulle betrokke by dié sport te hou.

Telkom het in Desember, enkele dae voor hul kontrak met SSA verstryk het, laat weet dat hulle nie die ooreenkoms wil hernieu nie.

Volgens Adriaanse is die tekens egter bemoedigend dat dié kommunikasie-reus van plan sal verander.

“Ons is optimisties, maar het ook al met ander potensiële borge gesels,” het hy gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.