Skadu oor mank Clijsters

2012-01-14 23:42

Byna vier jaar ná Justine Henin se eerste uittrede is vroue-tennis steeds in dieselfde bootjie as in die maande onmiddelik daarna: daar is steeds geen duidelike gunsteling in enige toernooi nie.

Die Australiese Ope, wat môre in Melbourne begin, is geen uitsondering nie. Twee van die sterre – Kim Clijsters en Serena Williams – sukkel met beserings wat groot skaduwees oor hul vooruitsigte vir die toernooi werp.

Die res is steeds te onbestendig om met absolute vertroue te sê hulle sal minstens in die eindstryd wees – wat nog te sê die trofee omhoog hou.

Ná ’n jaar waarin Clijsters deur enkel- en maagspierbeserings buite aksie gehou is, het Australië (waar Kim ’n groot gunsteling is sedert sy in haar tienerdae met Lleyton Hewitt uitgegaan het) asem opgehou toe sy voorverlede week in Brisbane aan haar halfeindrondestryd moes onttrek weens ’n seer heup.

Die Belg is die verdedigende kampioen. Sy het die afgelope week gesê haar onttrekking in Brisbane was ’n blote voorsorgmaatreël.

“Met hierdie (besering) voel ek eintlik orraait,” het sy gesê.

“As alles goed uitdraai, behoort dit minder as ’n week te vat om gesond te word. Ek het gevoel my linkerheup raak stywer, tot die punt waar ek nie my bolyf vorentoe kon beweeg nie. Maar die slimste ding wat ek kon doen was om dit nie te lvererger nie en te probeer reg wees vir Melbourne.”

Williams se ousus, Venus, het onttrek aan die Aussie Ope, maar Serena sal nie, al is sy steeds nie seker oor die erns van die enkelbesering wat haar uit verlede week se Brisbane Ope gehou het nie.

“Die enkel voel beter. Ek vat dit dag vir dag,” het sy gesê.

“Dis steeds nie 100% nie, maar dis beter as wat dit was, en dis ’n treetjie vorentoe. Ek voel goed – definitief fikser as ooit in my loopbaan.”

Wat die res van die aanspraakmakers betref, moet die Wimbledon-kampioen Petra Kvitova, die Franse Ope-wenner Li Na en die Amerikaanse Ope-kampioen Samantha Stosur beslis dopgehou word.

Almal van hulle het ’n beter kans as die wêreld se voorste speler, Caroline Wozniacki, wat nog tot dusver nog nóóit in die majors beïndruk het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.