Stuit Westwood!

2012-10-20 23:37

Lee Westwood

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Lee Westwood is nou so dol daaroor om die Gary Player-buiteklub by Sun City jaar ná jaar flenters te speel, dat hy nóóit weer nee gaan sê vir ’n uitnodiging na die Nedbank-uitdaagtoernooi nie.

Só het die toernooi-direkteur, Alastair Roper, Westwood se agent, Chubby Chandler, die afgelope week by die aankondiging van vanjaar se veld aangehaal.

En wie kan die Engelsman blameer? In sy laaste twee besoeke aan die jaarlikse Sonstad-skouspel het Westwood die hoofopskrifte oorheers – eers deur in 2010 met ’n yslike agt houe te wen, en twaalf maande later deur die baanrekord te verbeter op pad na kroon nommer twee.

Vanjaar wil hy sy hande weer om daardie pragtige kristaltrofee vou – maar vanjaar sal dié gebaar ook die omarming van ’n sonderlinge stukkie Sun City-geskiedenis simboliseer.

In die 32-jarige geskiedenis van die Nedbank-toernooi het drie spelers – Nick Price, David Frost en Ernie Els – die titel drie keer gewen, meer as enigiemand anders.

Behaal Westwood dié jaar weer sukses sal hy hom dus by hulle aansluit, maar ook die eerste word wat sy drie titels agtereenvolgens wen.

Die Engelsman is die hoogste gekeurde speler in die veld, ná ’n seisoen waarin hy nege top-5-uitslae – ingesluit twee seges – behaal het. Hy sal beslis onkeerbaar wees as hy die spelpeil van 2010 en 2011 weer inpak. Daarsonder is hy egter omring van spelers wat hom kan onttroon.

Die vernaamste is sy landgenoot Justin Rose, wat tans net ’n plek laer as hy in die vyfde posisie op die wêreldranglys is.

Rose het verlede week ’n sterbelaaide toernooi in Turkye gewen en ’n week voor dit een van die belangrikste punte van die Europese span se laaste Ryderbeker-sessie behaal.

Dié Engelsman se beste uitslag by Sun City was sy tweede plek in 2007, toe hy met ’n hou deur Trevor Immelman geklop is. Met sy selfvertroue dié jaar hemelhoog, sal hy beslis daarop wil verbeter.

Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel en Garth Mulroy dra die Suid-Afrikaanse vlag.

Schwartzel se jaar is omvergewerp deur ’n ribbesering, maar Oosthuizen (wat Vrydag sy 30ste verjaarsdag gevier het) is dié seisoen op sy kop.

Benewens seges in die Afrika-Ope en Maleisiese meesterstoernooi, was hy vanjaar tweede in die Amerikaanse Mees- ters­toernooi en Deutsche Bank-kampioenskap en het hy beter as vyfde in vier ander toernooie geëindig.

Gholfliefhebbers kan ook na Sun City opruk vir die kans om Europa se Ryderbeker-helde in aksie te sien. Sewe van die spelers wat in Chicago help skryf het aan die grootste sportstorie van die jaar. Benewens West­wood en Rose, is Martin Kaymer, Francesco Molinari, Peter Hanson, Paul Lawrie en Nicolas Colsaerts op pad.

Die veld word voltooi deur die Amerikaner Bill Haas – wie se pa, Jay, in die senior weergawe in aksie is – en die Sweed Carl Pettersson, wat vanjaar puik gevaar het in die VSA.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 17-24°C High level clouds. Mild. Pta: 11-25°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-21°C Sunny. Mild. Bfn: 10-24°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-28°C Afternoon clouds. Warm. PE: 16-23°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!