Tennis: Twee gekeurdes uitgeboender

2012-01-21 22:56

Ana Ivanovic van Serwië huppel van vreugde ná haar oorwinning oor die Amerikaner ­Vania King. Foto: Getty

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die vyfmalige Australiese Ope-kampioen Serena Williams het op oortuigende wyse tot die derde ronde van vanjaar se eerste Grand Slam-toernooi deurgedring, maar daar was gister trane ná twee van die voorste gekeurdes skok-nederlae gely het.

Williams het die wêreld se nommer 92-speler, Greta Arn van Hongarye, gister binne net 59 minute met 6-1, 6-1 vermorsel en daarmee ’n groot uitroepteken agter haar voorneme om ’n veertiende Grand Slam-titel Doer Onder te verower, geplaas.

Die 32-jarige Arn het haar en Williams se stryd in die Rod Laver-arena goed begin en ’n breekpunt in die heel eerste pot gehad, maar dit was die naaste wat sy ooit daaraan gekom het om Williams te laat sweet. Daarna het die Amerikaner haar voet op die petrol gesit en haar Hongaarse teenstander oordonder met haar kenmerkende kragspel.

“(Wat beserings betref) is ek nog nie naastenby waar ek graag wil wees nie, maar ek probeer daardeur speel,” het Williams, wat ’n groot deel van die 2011-seisoen weens beserings misgeloop het, gesê.

Williams sal in die volgende ronde te staan kom teen die ongekeurde Rus Ekaterina Makarova, wat gister teen die verwagtinge in met die sewende gekeurde, Vera Zvonareva, afgereken het.

Zvonareva het die baan in trane verlaat ná Makarova se oorwinning met 7-6 (9/7), 6-1.

Die ander opskudding van die dag is gelewer deur die Chinees Zheng Jie, wat met 6-3, 6-3 met die negende gekeurde, Frankryk se Marion Bartoli, klaargespeel het.

Haar sege beteken dat China twee verteenwoordigers in die vierde ronde sal hê. Li Na, wat verlede jaar in Melbourne tot die eindstryd deurgedring het en vier maande later die Franse Ope gewen het, het Vrydag reeds haar plek bespreek.

Die Wimbledon-kampioen, Petra Kvitova, en die voormalige Aussie Ope-kampioen Maria Sharapova het deur hul derderonde-wedstryde geseil.

Sharapova het die Duitser Angelique Kerber met 6-1, 6-2 oorrompel, terwyl Kvitova met 6-0, 1-0 baas was teen die Rus Maria Kirilenko, wat die handdoek weens ’n bobeenbesering ingegooi het.

Kvitova, wat deur baie kommentators as die volgende grote in vrouetennis beskou word, het met kragspel vorendag gekom waarop Kirilenko geen antwoorde gehad het nie.

Sy sal in die volgende ronde teen Ana Ivanovic te staan kom. Ivanovic het die Amerikaner Vania King met 6-4, 6-4 geklop.

- AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.