Trane onder die valhelm

2012-12-02 00:38

Sebastian Vettel. Foto: Getty Images

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die rede hoekom Sebastian Vettel so half emosieloos gelyk het onmiddellik nadat hy verlede Sondag uit sy renmotor geklim het? 


Omdat hy die trane oor die derde agtereenvolgende wêreldkroon van sy glinsterende loopbaan binne-in sy motor gestort het – onder die valhelm, wat die nattigheid op sy wange van die fotograwe kon wegsteek. 

En die rede waarom die wêreld dit ook nie gehoor het nie? 

Wel, die jong kampioen se motor was effens gekrok ná ’n aksiebelaaide ren waarin sy deelname so byna op die vierde draai beëindig is – en een van die dinge wat nie die uitdagings van die nat Interlagos-renbaan end-uit oorleef het nie, was sy tweerigting-radio. 

“Ja, ek het gehuil onder my valhelm. Maar gelukkig was die radio stukkend, so julle het nie nodig gehad om na my getjank te luister soos (ná sy eerste titelsukses) in 2010 nie,” het Vettel die afgelope week gesê. 

Die 25-jarige Duitser het Sondag die geskiedenis ingejaag, toe hy die derde agtereenvolgende jaar as wêreldkampioen gekroon is, danksy ’n sesde plek in die Brasiliaanse Grand Prix. 

Die Spanjaard Fernando Alonso het so byna genoeg gedoen om Vettel se partytjie te bederf, maar kon net tweede eindig – nie goed genoeg om sý derde kroon te buit nie. 

Hy het net drie punte agter Vettel geëindig, met 278 teenoor 281. 

Vir Vettel was die kroon die beloning vir sy eie en sy span se veggees in ’n verstommende seisoen, waarin hy net drie keer buite die punte geëindig het en in ses van die laaste sewe renne op die podium gestaan het. 

Dit was ’n moeilike jaar vir die Red Bull-span, het hy ná die Interlagos-uitdaging gesê, en sy titel behoort aan almal wat betrokke was. 

“?’n Baie slim ou het eenmaal vir my gesê die moeilikste ding is om te wen ná jy gewen het, want dan kry jy die aandag en die druk en jy fokus op hoe om weer te wen, eerder as op die klein treetjies wat nodig is,” het Vettel Sondag tydens sy perskonferensie gesê. 

“Dis wat ek altyd probeer onthou. Dis net nog ’n dag en nog ’n ren en ons moet getrou aan onsself bly en dit net geniet. Dan sal alles goed afloop.” 

Vettel is Sondag gekroon as die jongste driemalige wêreldkampioen, op net 25. 

Presies tot watter mate hy die rekord verpletter het, word uitgelig deurdat die 31-jarige Alonso die jongste driemalige kampioen sou gewees het as dinge anders verloop het in Brasilië. 

Vettel is net die negende man tot dusver wat drie krone kon wen en net die derde wat drie op ’n ry kon wen, ná sy rolmodel en landgenoot Michael Schumacher en Juan Manuel Fangio. “Dis moeilik om die regte woorde te kry,” het hy gesê. 

“Vanselfsprekend moet jy op die regte plek op die regte tyd wees, maar ek glo ook jy kan jou eie geluk maak en werk vir wat jy wil hê.”

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 16-27°C High level clouds. Warm. Pta: 12-22°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-18°C Morning clouds. Mild. Bfn: 9-21°C Afternoon clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C More sun than clouds. Mild. PE: 13-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!