Van prins tot koning

2012-12-02 00:26

Rory McIlroy. Foto: AP/Stephen Hindley

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In net agt van sy 24 toernooie vanjaar het Rory McIlroy buite die top-10 geëindig. 


Hy het vyf keer gewen, was drie keer tweede en twee keer derde – en het in ’n droom-2012 alle twyfel dat hy die mantel van wêreld-oorheerser vir baie jare kan dra, uit die weg geruim.

Op die brose ouderdom van 23 kan McIlroy spog dat hy twee major-titels gewen het, die geldlyste aan albei kante van die Atlantiese Oseaan oortuigend gewen het en nou vir ’n totaal van 23 weke die voorbok op die wêreldranglys is. 

Daar pronk hy met die grootste voorsprong sedert die dae toe Tiger Woods alles en almal voor hom weggevee het. 

En soos Woods op die kruin van sy loopbaan, het McIlroy daar uitgekom deur die hoogtepunte in te ryg. 

Dié jong Noord-Ier se merkwaardige 2012 het die verowering van sy tweede major-titel met ’n yslike wenmarge van agt houe, twee seges in die FedExbeker-reeks en verlede Sondag sukses in die Europese reeks se jaareind-toernooi in Dubai ingesluit. 

Sy laaste triomf het alle twyfel oor sy sielkundige vermoëns vir oulaas uit die weg geruim en is verseker met voëltjies by ál vyf die laaste putjies om ’n agterstand van twee houe teen Justin Rose uit te wis. 

Daarmee het hy sy droom bewaarheid om die seisoen met twéé kleinode op die Jumeirah Earth-gholfbaan se agttiende setperk af te sluit. 

Sondag het hy swaar gedra aan die groot Harry Vardon-geldwennerstrofee en die blink Dubai-staf vir sy poging by Jumeirah. 

McIlroy se teenstanders het hul respek vir hom ná dié prestasie sonder om doekies om te draai uitgedruk, met ’n paar wat voorspel het dat hy nog baie lank op die kruin kan wees. 

Wat hulle egter bitter onrustig sal stem, is die kyk in sy oë waarmee hy sy planne vir jarelange oorheersing daarna bevestig het. 

“Elke doelwit wat ek aan die begin van 2012 vir myself gestel het, het ek bereik,” het hy aan AFP gesê. 

“Ek wou ’n major wen. Ek dink ek wou vier keer wêreldwyd wen, bo-aan die ­Europese geldlys eindig en die wêreld se nr. 1-speler word. Ek het elkeen daarvan bereik – en ek dink nie dit kan beter nie. 

“Die doelwit is dieselfde vir aanstaande jaar: fokus op die major-toernooie, wen nog ’n paar van hulle. Ek het een gewen in 2011 en een in 2012, en is halfpad wat die loopbaan-Grand Slam betref. Dit sal gaaf wees as ek volgende jaar op daardie trant kan voortgaan.” 

McIlroy glo boonop hy is nog ver van die voltooide produk – ’n merkwaardige waarneming deur ’n speler wat vanjaar so gereeld sterk in die wedloop was. 

“Ek probeer net verbeter as speler,” het hy gesê. “Ek voel ek kan nog beter raak in verskillende areas van my gholf. Dís die uitdaging en die lekker van oefen, om die heeltyd te probeer beter word.” 

Die res van wêreldgholf se supersterre sal dié woorde aanhoor en bewe. 

Daar is nie meer twyfel nie: as Rory McIlroy iets wil hê, is die kans uitstekend dat hy dit sal láát gebeur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.