Wêreldrekords vir Oscar en Arnu

2012-09-01 23:52

Oscar Pistorius gisteraand op ’n drafstap op pad na sy wêreldrekord. | Foto: Herman Verwey

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Oscar Pistorius en sy kamermaat Arnu Fourie het ’n wonderlike dag vir Suid-Afrika by die Paralimpiese Spele gisteraand elk met ’n wêreldrekord in ’n volgepakte Olimpiese stadion gevier.

Pistorius en Fourie het in afsonderlike uitdunne van die 200 in onderskeidelik die T43- en T44-klasse tye van 21.30 en 22.57 opgestel.

Dit was onder die hoogtepunte van ’n aand waarin Suid-Afrika se atlete en swemmers behoorlik baljaar het.

Die derde dag van die Spele het ses medaljes opgelewer. Hiervan was twee goud.

Danksy Achmat Hassiem en Charl Bouwer (swem) en die atlete Jonathan Ntutu, Teheboho Mokgalagadi, Dyan Buis én Anrune Liebenberg se medalje-sukses spog Suid-Afrika vanoggend met agt medaljes.

“Ek het nie ’n wêredrekord verwag nie. Dis ’n bonus en hopelik ’n goeie aanduiding van wat kom,” het Pistorius, die verdedigende kampioen in die 200m, later gesê.

“Ek het ook nie ’n wêreldrekord verwag nie,” het Fourie gesê. Hy het ’n geamputeerde been.

Pistorius en Fourie hardloop vanaand in die eindronde.

Die goeie aand vir Suid-Afrika is ingelei deur Hassiem, wat ’n been in ’n haai-aanval verloor het en in sy eie woorde “soos ‘n haai deur water gly”.

Hy het die bronsmedalje in die 100m-vlinderslag (klas S10) in ’n Afrika-rekordtyd van 57.76 verower.

Die siggestremde Bouwer het kort daarna goud in die 50-vryslag losgeswem. Bouwer se tyd was 23.99.

Ntutu, ook siggesgremd, het in die eindronde van die 100m (klas T13) die bronsmedalje in 11.03 verower, terwyl Mokgalagadi, ’n serebraal-gestremde, die silwermedalje in die 100 vir klas T35-atlete in 13.10 losgehardloop het.
Buys, wat ook serebraal-gestremd is, het die silwermedalje in die 100 (T38) in 11.11 gewen.

Laat gisteraand het Liebenberg, wat sonder ’n hand gebore is, danksy ’n sterk eindpoging die bronsmedalje in die 200m (klas T46) met ’n tyd van 25.55 gewen. Sy het die Rus Nikol Rodomakina met ’n honderste van ’n sekonde geklop.

Hassiem het die Spanjaard David Leveq (57.90) op sy beurt letterlik en figuurlik naelskraap geklop.

“Ek het geweet ek moet oor die eerste 50 meter my ritme kry en dan oor die laaste 50 meter so vinnig moontlik gaan,” het Hassiem gesê. “Toe het ek elke 5 meter gepómp. Ek het die Spanjaard uit die oog van my hoek gesien en álles gegee.”

Hy het vertel nadat hy 2004 sy been verloor het terwyl hy en sy broer in die see geswem het, het Natalie du Toit, wat nou een van sy spanmaats is, vir hom gesê hy moet in ’n “swembad spring en kyk wat ek kan doen. Toe ek weer sien, het ek Afrika-rekords begin breek. Ek glip soos ’n haai deur die water!”

Du Toit, ’n elfmalige Paralimpiese kampioen, was gister sewende in die 100-borsslag (S9-klas).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.