299 én Kiwi's wag

2012-12-22 23:57

Nóg een nader aan 300...?Dale Steyn vier die paaltjie van Mike Hussey in die derde en beslissende toets teen Australië | Foto: Robert Prezioso/Getty images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Reeksseges oor Nieu-Seeland en Pakistan dié somer sal nie nét Suid-Afrika se toetsspan se voorsprong op die Internasionale Krieketraad (IKR) se ranglys vergroot nie – daar is boonop belangrike mylpale vir drie senior spelers op die spel.

Dale Steyn, Graeme Smith en Jacques Kallis kan hulle dieper in die geskiedenis van die spel ingrawe in die vyf toetse wat in die volgende twee maande wag.

Die Proteas pak Nieu-Seeland in toetse in Kaapstad en Port Elizabeth vroeg in Januarie, voordat Pakistan ’n maand later ook in drie kragmetings op tuisbodem aangedurf word.

Terwyl Steyn en Kallis straks reeds hul mylpale tydens die Nuwejaarstoets op Nuweland gaan behaal, sal Smith waarskynlik effens langer moet wag.

Steyn, die wêreld se voorste toetsbouler, kort ’n enkele paaltjie om net die vierde Suid-Afrikaner – en die 25ste ter wêreld – te word wat 300 toetsslagoffers eis.

Kallis is net 20 lopies kort daarvan om die vierde kolwer in die geskiedenis te word wat die 13 000-kerf in toetse verbysteek.

Smith (31) kan die suksesvolste toetskaptein in die geskiedenis word, as sy span vier van die komende vyf toetse wen.

Hy het tans 45 seges op sy kerfstok – nét drie minder as Ricky Ponting, die voormalige Australiese kaptein, se 48.

Smith is geruime tyd reeds die kaptein met die meeste toetse, maar dié rekord sal opnuut onderstreep hoe suksesvol die Proteas onder hom op die toetsveld was.

Hy sal egter sukkel om ooit Ponting se wenpersentasie as kaptein verby te steek.

Dié 37-jarige Aussie het sy 48 oorwinnings in net 77 toetse behaal, vir ’n wenpersentasie van 62.34%.

Smith het tot sover 46.39% van sy toetse aan die stuur van die Proteas gewen.

Hoewel dié syfer nie te waffers klink nie, moet daar in gedagte gehou word dat van die kapteins in die geskiedenis wat 20 oorwinnings behaal het, kon nét Ponting, Steve Waugh (42 seges, teen 71.93%), Hansie Cronjé (27, teen 50.93%), ­Michael Vaughan (26, teen 50.98%), Viv Richards (27, teen 54.00%) en Mark Taylor (26, teen 52.00%) beter vaar.

* Steyn sal hom aansluit by Shaun Pollock, Makhaya Ntini en Allan Donald as die vierde Suid-Afrikaner in die 300-klub.

Die Sri Lankaanse draaibaltowenaar Muttiah Muralitharan (800) en die Australiese legende Shane Warne (708) is steeds ligjare voor Steyn op dié lys.

Die 29-jarige Phalaborwa Express was een van die haastigste boulers om by 200-merk uit te kom, maar die tempo waarteen hy sy paaltjies laat kantel het, het die laaste 12 maande effe gedaal.

Een van die redes daarvoor was die sukses van Vernon Philander.

Dié Kaapse naatbouler het sy buiging verlede November in die Moederstad teen die Aussies gemaak – en hy het 63 paaltjies in sy eerste 10 toetse laat kantel.

Steyn behoort egter te baljaar teen een van die Swartpette se swakste kolfspanne tot nog toe.

* Net 20 lopies sal die kroon span op Kallis se asembenemende kolf-loopbaan.

Dán sal hy hom bevind in die geselskap van Sachin Tendulkar (15 645), Ponting (13 378) en Rahul Dravid (13 288).

Daar is byna geen twyfel nie dat Kallis vir Dravid én Ponting sal inhaal.

Albei dié spelers het reeds hul kolwe finaal weggepak, terwyl dié 37-jarige Kapenaar beter op dreef is as ooit tevore.

Hy het vanjaar reeds 944 lopies teen ’n gemiddelde van 67.42 gemoker.

Van die nege toetse wat hy in 2012 gespeel het, was ses teen die hoogaangeskrewe boulaanvalle van Engeland en Australië – in hul agterplase.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Developer (Intermediate ? Senior)

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Project Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

SAS Analyst Programmer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.