AB vat dit op die ken

2012-01-21 22:56

AB de Villiers in Kimberley op pad na sy spog-96 in die vierde eendag-stryd teen Sri Lanka. Foto: Duif du Toit/Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

AB de Villiers het die Proteas se eerste nederlaag onder sy kapteinskap vierkantig op sy eie kennebak gevat.

De Villiers verkwalik homself vir baie van die dinge wat eergister hier skeefgeloop het, toe Sri Lanka die vierde eendagwedstryd tussen die spanne met vyf paaltjies gewen het.

Die Eilandmanne se 305/4 was ’n nuwe rekord op die Diamant-ovaal, waar die Proteas tot 299/7 beperk is.

Suid-Afrika hoop om sy klompie flaters met die vyfde en laaste kragmeting vandag op die Wanderers reg te stel.

De Villiers sê hulle moes in Kimberley minstens 330 gekry het en dis deels sý skuld dat dit nie gebeur het nie.

“Ek het my paaltjie ongelukkig op ’n slegte tyd verloor. Dit was nie die tyd om uit te gaan nie, want ons het in daardie stadium ’n vennootskap benodig. Ons het boonop net daarvoor en daarna weer ’n paaltjie verloor.

“Ek aanvaar die verantwoordelikheid daarvoor.”

Suid-Afrika was in ’n stadium op 171/1 in net die 24ste boulbeurt vir ’n yslike telling bestem.

Die paaltjies van JP Duminy (36), De Villiers (96) en Faf du Plessis (5) onderskeidelik in die 39ste, 41ste en 42ste boulbeurte was ’n hengse knou. Daar was toe nie veel momentum vir ’n eindpoging nie.

“Ons het die stertkantkolwers, met twee nuwelinge, daarmee kwaai onder druk geplaas.”

Die Proteas kon net 52 van die laaste tien boulbeurte af aanteken.

De Villiers sê voorts hy het dalk teen die einde van Sri Lanka se kolfbeurt takties gefouteer met van die boulers wat hy ingespan het: “Maar dís hoe ’n mens leer, ek sal volgende keer beter wees.”

Iemand wie se kolfwerk met rasse skrede verbeter het, is Graeme Smith, wat sy kritici met 68 van 69 balle stilgekolf het.

“Ek het gesê ’n groot beurt wag om die draai vir hom. Hopelik kan hy op dié nuutgevonde kolfpeil voortbou. Ek verwag dat hy in Johannesburg wéér lopies gaan aanteken,” sê De Villiers.

Hy verwag ook ’n beter veldwerkvertoning, nadat sy span soos in die vorige wedstryd weer ’n paar vangskote verbrou het en talle blapse in die veld gemaak het. Afgesien van Alviro Petersen se verstommende vangskoot sentimeters van die grens­tou af om Kumar Sangakkara (32) te stuit, het die veldwerk veel te wens oorgelaat.

“Daar was talle uithardloopkanse en vangskote wat ons nie benut het nie. In gelykop-wedstryde soos dié moet jy dit doen as jy wil wen,” sê De Villiers.

Sri Lanka se kaptein, Tillakaratne Dilshan, sê ter versagting die Proteas kan tot ’n mate verskoon word omdat die buiteveld so oneweredig was.

Hy sê hul veldwerk was vir die eerste keer beter as Suid-Afrika s’n.

Dilshan het Sri Lanka vroeg op koers gekry en hy sal vandag ook wil voortbou op sy 87, wat hy van net soveel balle aangeteken het.

Thisara Perera het die wa met 69* van net 44 balle af met ’n handvol reuse-sesse deur die drif gekry. Hy is in sy eerste wedstryd van die reeks, vir sy kolfbeurt en die paaltjies van De Villiers en Duminy, verdienstelik as die speler van die wedstryd aangewys.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.