Albie stuur boodskap na SA keurders

2012-01-07 23:09

Hier kom die Cobras.

Die SuperSport-kampioene het reeds gister in Kimberley, ná ’n glyslag in hul vorige wedstryd, gewys hulle het nog baie giftande oor, toe hulle die Knights voor die teepouse op die derde dag omgedop het.

Die Cobras se sege met ’n beurt en 54 lopies was die Knights se eerste nederlaag in sewe kragmetings.

Die Cobras (86.98 punte ná ses wedstryde) het daarmee ook die Knights (84.32 ná sewe wedstryde) as reeks-voorlopers verbygesteek.

Die Titans het so byna hul wedstryd op Willomoore Park óók binne drie dae voltooi. Hulle behoort vandag te seëvier, met die Warriors wat op 155/6 na nog 301 op soek is.

Jon-Jon Smuts (89*) sal hoop om sy honderdtal te kry voor die witvlag gehys word.

Die Titans sal met ’n sege, met 86.68 punte ná sewe van hul tien wedstryde, die twee plek beklee.

Die veelsydige Albie Morkel was een van die groot uitblinkers in dié wedstryd.

Morkel het met 127* en 55* gewys hy sal nie teleurstel as die nasionale keurders hom in die beseerde Dean Elgar se plek vir die eendagreeks teen Sri Lanka kies nie.

Die tuisspan se ander uitblinkers met die kolf was die veelsydige Faf du Plessis (112 en 57) en Henry Davids (55 en 105). Einste Morkel (3/33 en 1/34) en Du Plessis (4/65 en 2/11) het ook met die bal hul kant gebring.

Die tuisspan het gister weer danksy flink kolfwerk 326/6 in sy tweede beurt aangeteken, wat die Warriors met ’n aanvanklike teiken van 456 gelaat het.

Justin Kemp, kaptein van die Cobras, het sy span met 5/31 gister in die Diamantstad tot ’n vierde oorwinning in die meerdagreeks geboul.

Die Knights is tot 160/9 in hul tweede beurt beperk, met Elgar wat weens ’n kniebesering nie kon kolf nie.

Die tuisspan het vroeër met bedenkinge oor die kolfblad besluit om te kolf. Hulle is vir net 218 op die eerste dag uitgeknikker – en toe die Cobras ook aan die steier was, moes hulle gedink het dit was die regte besluit.

Die Knights sal hulself egter skop omdat hulle vir ’n tweede agtereenvolgende wedstryd nie die uitklophou kon plant nie. Hulle het, soos met die Dolphins op 115/7, dié keer die Cobras op 136/7 laat wegkom.

Die Kapenaars het 432 in hul eerste en enigste kolfbeurt gekry, nadat Dane Vilas (187) en Robin Peterson (97) vasgeskop het en ’n rekord van 257 om die agtste paaltjie aangeteken het.

Die Knights, wat eers ’n agterstand van 214 moes uitwis, het gister weer met reëlmaat paaltjies verloor.

Obus Pienaar se 39 was die beste met die kolf.

Die Cobras-paaltjiewagter Vilas was die Speler van die Wedstryd vir sy honderdtal en tien vangskote agter die paaltjies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i Raider LWB RB MY02
2004
R 129,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.