‘Ander helfte’ van bonus-sage wéér by SA krieket betrokke

2012-12-22 23:57

Don McIntosh, die “ander helfte” van die sogenaamde bonusskandaal wat Suid-Afrikaanse krieket verlam het, is wéér betrokke by dié sport.

McIntosh, Krieket Suid-Afrika (KSA) se voormalige finansiële hoof, is reeds “geruime tyd” lank ’n “konsultant” van die Suid-Afrikaanse spelersvereniging (Saca).

Dít ondanks die feit dat hy vroeër vanjaar deur ’n ministeriële ondersoekkomitee gekruisig is vir sy aandeel in dié skandaal én terwyl ’n siviele geding teen hom steeds deur KSA gedryf word.

Dié komitee is gelas deur die sportminister, Fikile Mbalula, en is gelei deur die oudregter Chris Nicholson.

Nicholson het in Maart bevind die miljoene rande se bonusgeld – wat aan McIntosh, Gerald Majola en byna 40 ander KSA-werknemers betaal is vir die aanbieding van die Indiese Premierliga-toernooi en die Kam­pioenetrofee-reeks in 2009 – was ongemagtig.

Majola het digby R1,8 miljoen ontvang en McIntosh sowat R?1,4 miljoen, vir sy werk as direkteur van dié toernooie.

Benewens dié bonusse is Majola en McIntosh ook deur KSA vergoed met sowat sewe keer hul maandelikse salarisse.

Majola is in Oktober afgedank ná ’n onafhanklike tugverhoor en Mbalula het gelas dat albei se bonusse deur middel van “’n siviele proses” herwin word.

McIntosh het skielik uit sy KSA-pos bedank kort vóór die bonus-bom gebars het.

Tony Irish, Saca se uitvoerende hoof, het by navraag aan Rapport bevestig dat McIntosh as ’n konsultant vir dié organisasie optree.

“Die spelers het, ingevolge Saca se MOU (memorandum van verstandhouding, wat in 2010 onderteken is), ’n winsdelingsooreenkoms met KSA,” het Irish gesê.

“Ons gebruik Don se krieketervaring om te verseker dat ons die finansiële aspekte van dié ooreenkoms die beste kan benut.”

Volgens Jacques Faul, KSA se waarnemende uitvoerende hoof, is dié liggaam bewus van McIntosh se betrokkenheid by Saca.

“Saca is ’n aparte entiteit en KSA kan nie aan hom voorskryf wie in diens geneem mag word nie,” het Faul gesê. “In dié sta­dium gaan ons voort met die regsgeding (teen McIntosh).”


Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C High level clouds. Mild. Pta: 13-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Internal Auditor

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.