Baba, maar boelie

2012-12-16 03:17

Quinton de Kock

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vergeet van die volgende Mark Boucher, Quinton de Kock wil Suid-Afrika se éérste Adam Gilchrist wees. 


Dié 19-jarige paaltjiewagter is een van vier nuwelinge wat vandeesweek ingesluit is in die Protea-groep vir die T20-reeks teen Nieu-Seeland, wat Vrydag in Durban begin. 

Sy Lions-spanmaats Chris Morris en Aaron Phangiso en die Titans se Henry Davids is die ander “groentjies” wat hul internasionale buiging reeds op Kingsmead kan maak. 

De Kock sal die groot handskoene by AB de Villiers oorneem, nadat die Protea-keurders besluit het om dié 28-jarige Pretorianer spaarsamig aan te wend in die blitsreeks teen die Swartpette. 

De Villiers het ook die kapteinskap vir dié drie kragmetings afgestaan aan Faf du ­Plessis. 

“Dit was ’n baie groot verrassing om ingesluit te word en ek het dit glad nie verwag nie,” het De Kock vandeesweek aan Rapport gesê. 

“Ek was al vas aan die slaap toe Andrew Hudson (die nasionale keurderbaas) my gebel het en toe ek die foon neersit, was ek steeds nie heeltemal seker of ek net gedroom het nie. 

“Ek het toe maar verder geslaap en dit het eers werklik die volgende dag ingesink, met almal se boodskappe van gelukwensing.” 

De Kock se uithalervertonings vir sy Johannesburgse streekspan die afgelope seisoen het aan hom die ja-woord besorg – bó die gesoute Thami Tsolekile en ander sterk aanspraakmakers soos die Titans se Heino Kuhn en Dane Vilas van die Cobras. 

“Dis ’n groot eer om vir my land gekies te word, veral op so ’n jong ouderdom,” het De Kock, wat môre sy 20ste verjaardag vier, gesê. 

“Dis ’n baie lekker verjaarsdaggeskenk, maar nou lê die harde werk eers voor.” 

Hudson het vandeesweek gesê dié hotklou het die vermoë om uiteindelik ’n soortgelyke rol in die Suid-Afrikaanse toetsspan te vervul as wat Adam Gilchrist jare lank vir Australië gedoen het. Gilchrist (41) het in 96 toetse, 287 eendag- en 13 T20-wedstryde vir die Baggy Greens ’n amperse skrikbewind gevoer met die kolf, voor sy uittrede in 2008. 

“Ek het grootgeword met Mark Boucher in die Suid-Afrikaanse span en hy was vir baie lank ’n rots vir die Proteas,” het De Kock gesê. 

“Ek het egter my spel op dié van Gilchrist geskoei en ek probeer steeds soos hy kolf. 

“Daar sal nie weer ’n Mark Boucher wees nie, maar hopelik kan ek nou my kans gebruik om – soos hy – eendag ’n groot nalatenskap te laat.” 

Ondanks sy jeugdige ouderdom, meen dié babagesig hy sal nie oorweldig word op krieket se groot verhoog nie. 

“Dis ’n droom wat waar word om teen Nieu-Seeland en saam met ouens soos Faf, AB en Dale (Steyn) te speel, maar ek is nie iemand wat sommer deur groot name geïntimideer word nie. “Ek gaan ook niks verander aan my ingesteldheid óf die manier waarop ek speel nie. Dit het my gekry waar ek nou is en ek sal aanhou om myself te wees met die handskoene én met die kolf.” 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 18-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.