Blits-boelies

2013-01-05 23:22

As die jong Nieu-Seelandse krieketspan dink sy vuurdoop op Nuweland was warm, wag daar ’n reuse-verrassing op hom in Port Elizabeth.

Dale Steyn, leier van die Protea-aanval en die wêreld se voorste toetsbouler, waarsku dat die Suid-Afrikaners nie hul voet van die versneller sal haal nie – ondanks ’n oortuigende sege met ’n beurt en 27 lopies in die eerste toets in die Moederstad.

Steyn, Vernon Philander en Morné Morkel het die Kiwi-kolwers oorhoops gehad en hulle vir ’n skrale 45 uitgeknikker in hul eerste kolfbeurt.

Dit was op twee na hul laagste toetstelling tot dusver én die swakste deur enige span tot nog toe teen Suid-Afrika.

Hoewel die Swartpette heelwat beter gevaar het met hul tweede poging van 275, het die tuisspan steeds net twee en ’n half dae benodig vir hul sege.

“Ek hoop die geestelike letsels van Nieu-Seeland se eerste beurt lê nog vlak wanneer die tweede toets begin,” het Steyn gesê.

“Hulle het heelwat meer durf gewys in hul tweede beurt, maar ons het waarskynlik gewag dat dinge gebeur – eerder as om dit te láát gebeur.”

Steyn se vurige boulskof op dag 3 het die Nieu-Seelanders behoorlik laat bontstaan en veral die Kiwi-kolfstert het dit ontgeld. Jeetan Patel en James Franklin is albei deur die Phalaborwa Express neergevel met kartetse van digby 150 km/h.

“Ek was effens omgekrap omdat ons gesukkel het om daai laaste paar paaltjies so vinnig plat te trek as wat ons wou – en daarom het ek ’n bietjie vinniger en korter probeer boul,” het Steyn verduidelik.

“In die eerste beurt was daar genoeg ondersteuning van die kolfblad om die bal net op ’n goeie lyn en lengte te probeer plant, maar later het dit ál makker geword en was hul kolwers baie verdedigend ingestel.

“Ons het besluit om hulle met wipballe te peper, want ons het geweet dat dít hulle van hul wedstrydplan sou laat afsien.”

Volgens Steyn wag méér van dieselfde op Brendon McCullum se span in die Baai.

“Ons sal eers mooi kyk hoe die kolfblad lyk en aanvanklik probeer om hulle weer met voller aflewerings uit te lok.

“As dít nie werk nie, kan hulle ’n hele paar aflewerings rondom hul ore verwag.”

* Volgens Graeme Smith, die Protea-kaptein, sal die tuisspan nie slapelose nagte hê oor sy Baaise besoek nie. Die Suid-Afrikaners kon nog net agt keer seëvier in 23 toetse op St. Georgepark – en het ál drie hul laaste kragmetings daar verloor.

Smith-hulle is in die laaste toets in Port Elizabeth (net meer as vyf jaar gelede) met 128 lopies ore aangesit deur ’n swak Windies-span.

“Ons het so lanklaas ’n toets daar gespeel dat niemand werklik kan onthou wat daai dag gebeur het nie,” het Smith gesê.

“Die vertonings wat ons sedertdien oor die hele wêreld behaal het, het soveel gedoen vir ons selfvertroue dat ons voel ons kan op enige veld wen.”

Smith het volgehou die Pro­teas durf Nieu-Seeland nie onderskat nie. “Ons het op die duur manier geleer dat dit net één swak vertoning verg vir dinge om teen jou te draai – en daarom mág ons nie toelaat dat hulle weer op hul voete kom nie.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-21°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-26°C Sunny. Mild. PE: 8-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!