Cobras mik hoër

2010-07-17 23:43

Richard Pybus (regs), die nuwe afrigter van die Cape Cobras, deel die afgelope week ’n paar gedagtes met die Kaapse span se kaptein, Justin Kemp. Foto: Nasief Manie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Altus Momberg in Kaapstad

Die Cape Cobras se nuwe krieketafrigter, Richard Pybus, het die Kaap bo Indië gekies.

Pybus het die afgelope week amptelik ’n kontrak van drie jaar met die Kaapse streekspan gesluit nadat dit geruime tyd reeds bekend was dat hy die gunsteling is om die Cobras voortaan te brei.

Dit was die geleentheid om as ’n voltydse afrigter te werk, wat hom Kaap toe gelok het, sê Pybus.

Dié 46-jarige breier was die laaste jaar ’n konsultant by die Dolphins.

Sport24 het betroubaar verneem dat die sukkelende IPL-span die Kolkata Knight Riders ook Pybus in hul visier gehad het.

Ofskoon hy waarskynlik baie meer geld in die Indiese Premierliga (IPL) kon verdien het, is die IPL-sirkus ’n tien week lange gejaag waartydens daar bitter min tyd vir afrigting is.

Die IPL-spanne bestaan uit talle van die wêreld se beste spelers en die breier se werk is amper meer ’n kwessie van strategiese beplanning, pleks van spelers afrig in die ware sin van die woord.

By die Cobras gaan afrigting egter dié seisoen ’n groot rol speel. Die doelwitte wat vir die nuwe breier gestel is, is nie net om trofeë te wen nie, maar om ook die volgende geslag spelers vir die Proteas voor te berei.

Pybus het die afgelope week tydens sy bekendstelling gesê dat die geleentheid om ’n ware afrigter te wees, ’n groot rol in sy besluit gespeel het om die Kaapse uitdaging te aanvaar.

“Die ou grote (Justin Kemp, die Cobras se kaptein) en ek het lank gepraat oor sy ervaringe in Indië en ek het daarna die Cobras-pos gekies,” sê Pybus oor sy besluit om na die Kaap te kom.

Pybus, wat in Engeland gebore is, het ná sy aankoms in Suid-Afrika by krieketorganisasie by Selbourne-kollege in Oos-Londen betrokke geraak waarna hy Grens se junior strukture bestuur en dié provinsie se o.19-span vanaf 1994 tot 1997 gebrei het.

By Grens het hy ’n groot invloed op die vroeë loopbane van sterre soos Kemp, Mark Boucher en Makhaya Ntini gehad.

Hy is later tot Grens se se­nior afrigter bevorder voordat hy nog later met groot sukses die spanne van Pakistan en die Titans afgerig het.

Pybus se koms na die Kaap het groot verwagtinge in plaaslike kringe geskep.

Kemp se doelwit is om saam met Pybus die Cobras die toonaangewende span in die land te maak.

“Ons het verlede seisoen by tye goeie krieket gespeel en ons het talle puik spelers. Met Richard se professionalisme nou ook tot ons beskikking, kan ons beslis die volgende tree gee,” sê Kemp.

Pybus besef dat hy eers die Kaapse krieketkultuur sal moet aanleer voordat hy enige groot aanpassings aan die span se spel sal kan maak.

By die Titans het sy span ’n reputasie gehad vir hul aggressiewe spel.

“Ek sou wou glo dat die Titans hard, maar regverdig gespeel het. Ek sal egter eers die Kaapse kultuur moet aanleer voordat ek enige besluite oor die Cobras se spel gaan maak,” sê Pybus.

Die Cobras het verlede seisoen die halfeindronde van die MTN40- en Pro20-reeks gehaal voordat hulle die SuperSport-reeks op ’n drafstap gewen het.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Enjoy 5-dr MY08
2009
R 124,994.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV
2007
R 155,990.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.