Collier ‘lieg oor KP’

2012-10-13 22:52

Engeland se krieketbaas sál om verskoning vra aan Krieket Suid-Afrika (KSA) oor sy omstrede uitlatings in die Kevin Pietersen-sage – nadat die Engelse spelers vandeesweek ook teen hom gedraai het.

Rapport verneem David Collier, die uitvoerende hoof van die Engelse krieketraad (EKR), sal binnekort ’n verklaring uitreik waarin hy jammer sê oor sy aantyging dat sekere van die Protea-spelers vir Pietersen uitgelok het om neerhalende SMS-boodskappe te stuur, tydens voorverlede maand se toetsreeks tussen dié lande.

Pietersen het in dié SMS’e glo na sy kaptein, Andrew Strauss, as ’n “d***” verwys en ook onvleiende dinge oor die afrigter, Andy Flower, te sê gehad.

Dié oud-Pietermaritzburger is gevolglik gepos uit die Engelse span vir die res van die reeks, asook die daaropvolgende T20-Wêreldtoernooi.

Engeland is deur die Proteas onttroon as die nommer een-toetsspan op die wêreldranglys nadat hulle die toetsreeks met 2-0 verloor het.

Die span het daarna ook sy blitskroon aan die Wes-Indiese Eilande afgestaan ná ’n flou vertoning in Sri Lanka.

Pietersen is verlede week met ’n nuwe kontrak beloon, nadat hy onderneem het om ’n “herintegrasieprogram” van die EKR te ondergaan.

Hy het vandeesweek in Suid-Afrika aangekom om vir die Delhi Daredevils te speel in die Kampioeneliga-toernooi.

Toe Collier Sondag tydens ’n onderhoud gepols is oor dié ommekeer, het hy beweer die Suid-Afrikaanse spelers het Pietersen “uitgelok” om die boodskappe te stuur as deel van ’n “taktiek” om die Engelse kleedkamer te ontwrig.

’n Woedende Jacques Faul, KSA se waarnemende uitvoerende hoof, het die aantygings as “onsin” beskryf, terwyl Graeme Smith, die Suid-Afrikaanse toetskaptein, aangedring het op ’n verskoning van Collier.

Tony Irish, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse krieketspelersvereniging (Saca), oorweeg glo regstappe teen hom.

“In internasionale krieket word spelers swaar gestraf wanneer hulle sulke stellings maak – soos met Kevin self gebeur het,” het Irish in ’n verklaring gesê.

“Ons spelers voel dieselfde moet geld vir administrateurs, veral wanneer sulke stellings in die openbaar gemaak word.”

Die Engelse krieketspelersvereniging (PCA) het Maandag óók koue water gegooi op Collier se uitlatings.

Angus Porter, die uitvoerende hoof van die PCA, het Maandag in ’n brief aan Irish ontken dat Pietersen ooit vinger gewys het na die Suid-Afrikaanse spelers.

“KP het nooit aan die EKR gesê of eers gesinspeel daarop dat hy die slagoffer was van enige sameswering nie,” skryf Porter in die brief.

Volgens die spelersbaas, wat saam met Pietersen by die vergadering met Collier en Kie. was, het die 32-jarige kolwer “volle verantwoordelikheid aanvaar vir wat gebeur het”.

“KP het nooit probeer om die blaam op iemand anders af te skuif nie,” skryf Porter.

KSA-ingeligtes het aan Rapport gesê Faul en Collier het vandeesweek verskeie “vuurwarm” telefoniese gesprekke gehad en dat die Engelse krieketbaas binnekort ’n verklaring sal uitreik waarin hy om verskoning vra vir sy uitlatings.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.