Dale boul arme Pakistan pê

2013-02-03 00:57

Dale Steyn in aksie tydens die wedstryd Suid Afrika teen Pakistan Eerste toets dag een. Wanderers Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wat ’n Paki-slae is hierdie nie besig om te word nie.

En al medisyne wat daar vir Misbah-ul-Haq en sy Pakistani’s beskikbaar is, is ’n dubbele dosis Steyn vir hul pyn.

Gisteroggend was die besoekers daar uit die subkontinent nog stert in die lug, maar toe loop hulle hul vas in die Phalaborwa Express en soos handomkeer is die gang van hierdie eerste toets verander.

Met die sneltrein Dale Steyn, wat die merkwaardige syfers van 6/8 geneem het, is Pakistan (49) vir hul laagste toetstelling tot nog toe in die bietjie meer as 60 jaar wat hulle al toetskrieket speel, uitgehaal.

Skielik het die beskeie 253 wat Suid-Afrika in sy eerste beurt gekry het, baie blink vertoon en al kon Graeme Smith met ’n voorsprong van 204 lopies die opvolgbeurt afdwing, het hy dit nie gedoen nie.

Die sout is nog dieper in die wonde gevryf met die kolf en die 207/3 wat Suid-Afrika in sy tweede beurt het, het die voorsprong gerek na 411.

Die kans dat Pakistan daarby gaan uitkom, is omtrent so goed soos die Southern Kings s’n om die Super-reeks te wen.

Dit was ’n oggend wat jy moes ervaar om te kon glo.

As daar iemand op dié aardbol rondstap wat gewonder het hoekom Steyn nou eintlik die nommer een ter wêreld is, het hyself daardie antwoord verskaf.

Sommer in sy eerste boulbeurt van die oggend het hy Mohammad Hafeez (6) die eerste van AB de Villiers se ses slagoffers agter die paaltjies gemaak.

En hopelik is diegene wat Thami Tsolelike bo De Villiers in die groot handskoene wil sien, se monde nou ook eens en vir altyd gesnoer. AB was briljant en twee van sy duikende vangskote van wêreldgehalte.

Binne agt balle het Steyn drie keer toegeslaan om Pakistan 12/3 te hê.

Vir 48 aflewerings was dít die telling met oorlewing al waaraan die kolwers kon dink.

In sy eerste skof het Steyn 3 vir 8 in ses beurte geneem, maar sy tweede skof ná ete was nog meer indrukwekkend. Daar het hy 2.1 beurte afgestuur en nóg drie paaltjies geneem sonder om ’n lopie af te staan.

Slegs twee kolwers, Azhar Ali (13) en die kaptein, Misbah (12), kon dubbelsyfers kry.

Hul vennootskap was 24 lopies om die vierde paaltjie, en toe Azhar ’n haas onspeelbare bal van Jacques Kallis (2/11) in De Villiers se handskoene laat beland het, is die groot ineenstorting ingelui.

Die laaste sewe paaltjies het net 13 lopies opgelewer.

Misbah het ’n baie twyfelagtige beslissing teen hom gekry, met nie eens die gloeikol (hot­spot) wat met sekerheid kon sê of hy aan die bal geraak het nie.

Selfs De Villiers het nie agter die paaltjies geappelleer nie, maar nadat Billy Bowden hom nie uit gegee het, is dit verwys en die TV-skeidsregter, Steve Davis, het ná lang oorweging besluit om die beslissing te wysig. Dit was tot groot misnoeë van die Pakistan-afrigter, Dav Whatmore, wat soos ’n missiel uit sy stoel geskiet het.

Die sooibrand wat die etenstyd-telling van 40/7 die besoekers gegee het, het ’n veldbrand geword toe hulle in ’n japtrap ná ete heeltemal omgedop is.

Vir die res van die dag was lopies, eerder as paaltjies, aan die orde, met Smith (52), De Villiers (63*) en Hashim Amla (50*) wat die besoekers laat verlang het na Karatsji en La­hore.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Krieket-kommentaar

Pj Fourie sê... Jy moet die Sharks ook daar insluit. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Morning clouds. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.